: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 11 July 2016

Joodse skakel: Litaue en Suid-Afrika

Die grootste gedeelte van die Joodse gemeenskap in SA het van Litaue gekom.
    Ons PE Jode wat vanaf die begin van die 20ste eeu hierheen gekom het, het in Richmond Hill gevestig en 'n eie sinagoge in 1912 in die Art Nouveau  styl opgerig.   Ons huis is deur 'n Jood gebou en Litause Jode het tot in die middel 40's hier gewoon.  Dus het ek altyd belang gestel in hulle Oos Europese herkoms.
    'n 2-ure toer vanaf die inligtingskantoor in Vilnius het my na die meeste van die Joodse plekke geneem.  Daar is weinig oor, maar net om deur die strate te stap en te sien hoe die inwoners daardie deel van die geskiedenis onthou, was al 'n besonderse ervaring.

Die toerleidster


Die inwoners se geskiedenis visueel  in vensternisse uitgebeeld

Nuwe Joodse sinagoge in Vilnius


No comments:

Post a Comment