met 'n moderne hysbak verder opgaan. Die laaste entjie is weer
'n klim. Ek kan nie eers onthou dat ek geklim het nie.
Die dik balke en kabels wat die toring in plek hou het my so gefassineer.
Uitsig op die Gediminas toring
Uitsig oor die ou stad, rigting moderne Vilnius
Uitsig op heuwel met drie kruise
Littera
Die mooiste universiteitsboekwinkel wat ek tot nog toe gesien het
Die orrel in die Johanneskerk op die universiteitskampus
Die kafeteria is 'n indrukwekkende gebou. Ongelukkig net te donker binne om fotos te neem wat reg sal laat geskied aan die pragtige geselsnisse aan die kante van die groot ruimte. 'n Tafel met sitplek vir 4 tot 6 persone weggesink van die kom en gaan in die sentrale deel. Elkeen versier met pragtige houtwerk en 'n skildery.
Ek het 'n entjie buite die kampus op 'n knus en elegante kafee afgekom, waar ek bakkies koue beetsop uitgestal gesien het. Dit is juis die vorige dag by die hostel aanbeveel. Dit is 'n somersop wat met 'n klein bordjie warm aartappels met vars dille voorgesit word. Na die ete is ek terug kampus toe om die atmosfeer in te drink. En op pad huistoe weer kafee toe gegaan om n wegneemtert in 'n pienk boksie te bestel. Ai... ek het Europese gene.
2 fotos hier
No comments:
Post a Comment