: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Tuesday 26 July 2016

Oggend van Joodse geskiedenis in Riga

Bron: Riga Live   21/7/16 

  www.ushmm.org                    Verskeie dokumente met tragiese, maar fassinerende geskiedenis van Jode in Latvia.Hier is net 'n paar fotos wat ek tydens my besoek geneem het.
         
      Onder:        Rekonstruksie en inkleding van soortgelyke huis op foto bo...  My gedagtes het na die mense gegaan wat in hierdie huise gewoon het... 
Daar is 'n onthoukamer in die museum waar honderde ligte hang met uitsonderlike "lampskerms" van gestorwenes ...  aangrypend!


                                                               Dr Walter Berner


Kultuur en religie saam in een kerk in Tallinn

So jammer hierdie kerk waar die Ukraine en Griekeland mekaar ontmoet, is nie in my "Eyewitness" gids nie.  Ek het per toeval my mnr. Google daarvan te hore gekom.
    Die ikonografie is sodanig dat dit van die Ortokokse geloof spreek, maar dis inderwaarheid 'n Katolieke kerk waar mense uit die Ukraine saamspan om 'n klein kultuursentrum aan die gang te hou.



                                        Die ingang met die befaamde "biegboksie" links en onder.
                         Die inwoners noem dit 'n "drive-by confessional" aangesien mense uitgenooi
                         word om gebedsversoeke daarin te gooi of om te vra vir sondevergifnis.


Friday 22 July 2016

Op stap na Gertrudes iela in Riga

My doopnaam Gertruida is 'n algemene Germaanse voornaam en kom in vele gedaantes voor in die Germaanse lande.... so het ek al my naamstraat in Malmo, Swede en Warsaw, Pole gevind.
      Op 'n stappie skuins verby die Art Nouveau distrik, vind ek Gertrudes iela in Riga.


                         dis n reendag, maar die lig is so dat ek 'n foto van die St.Gertrudes kerk kan neem.


Dan ry ek tot op vloer 26 van die Radisson Hotel om van die uitkykpunt te sien of ek die kerk kan sien..... helaas nie, maar net die Russies Ortodokse katedraal toorn bo die plantegroei uit.


 Terug op terra firma, gaan ek op 'n aangename dwaling... en ontmoet
eerstens die lewensgrootte pop by die aandenkingwinkel.
                               
         
                                                     ... en dan die klipskilpad


en verby die kathuis!


en winkel wat "kat"goed verkoop...


                                           en ontmoet 'n gewigtige Venus voor die ontwerp-instituut...


      My besoektyd aan Riga loop uit...    hier is die epos wat ek op 21 Junie huistoe stuur...

   My Riga week het so gou tot n einde gekom...  ook te danke aan die aktiwiteite  by Cinnamon Sally.    Speletjies, n vasvra en  fliek asook algemene gesprekke in die woonkamer.  

       Ek het die ou stad met sy ongemaklike hobbelstene ( keistene in Afrikaans)  platgeloop en die  mooiste porselein en ontwerpe in die porselein museum en die museum vir toegepaste kuns gesien.

      Die Riga Ghetto se geskiedenis gesien en die museum vir Jode besoek.   Om n uitsig oor die stad te kry, kon ek tot op die 26ste vloer van die Latvia Radisson Hotel ry en daar van die restourant en kroeg uitkyk. 

      Op n baie winderige Saterdag h het ek n toerbus geneem en n breer idee van die stad gekry.. Die nuwe nasionale biblioteek langs die rivier het beindruk met sy totaal alternatiewe argitektuur...  n donker staalgrys gebou wat soos 'n omgekeerde skip lyk.

      Netso opgewonde was ek oor die Spikeri buurt waar daar 'n aantal ou store (warehouses) gerestoureer word. Dit het my baie aan ons Werk laat dink, net op n groter skaal waar die geboue ook baie ouer en stylvoller is.
     Twee aande saam met jong reisigers was  ook asngenaam.  Die twee meisies van Hong Kong (hulle dring aan dat hulle  nie van China af kom nie) was so oulik en hulle wou gaan bier drink.  Dus is ons na een van die bekendste Latviese kroee toe in die ou stad, Ala.   Hulle het dit so geniet: heuningbier en n glas hemp en gemmerbier. Ek het n nie alkoholiese drankie gehad, soos daardie Yster brew van jou as die gas daaruit is. 

     Daarna loop ons verby n sjokoladevervaardiger wat ook die swart balsam aanhou.  LAASGENOEMDE is n tradisionele drank wat met kruie gebrou word .. blykbaar al vir 300 jaar en in  kersmiekflesse verkoop word....  45 persent alkohol!  Die gebou is ouer as die kasteel in kaapstad en ons word genooi om na die kelder te gaan deur n geheime deur wat soos n boekrak lyk.   Dit was n grootse verrassing .  Die personeel dra periodeklere en die sjokolade is hand gemaak.   Ons het by n tsfeltjie gaan sit, die kelner het n kers opgest33k wsnt dit is skemer in die winkel en ons het elkeen een sjokolade op n bordjie gekry. Ek het die rekening betaal.    Dit was die duurste sjokolade wst ek in jy lewe geeet het, maar dink daaraan as toegangsgeld  vir n museum.

      Die Art Nouveu distrik was een van die hoogtepunte asook die museum daar.  Dit was moeilik om daar weg te kom. Dus stap ek toe met die pragtige trap op tot op die 5de vloer waar daar n huis museum van n bekende plaaslike kunstenaar van  die 20ste eeu gehuisves word.

      . Oral blom die stad behoorlik.  Nje net my die mark en blommeverkopers se stalletjies nie.... tot die een taximaatskappy met groen en wit motors het boekette in hulle motors se roosters (grills?). Die mense geniet die somer al reen dit elke tweede dag.   By die Russiese kerke stap die gemeente in   met blomme en die priesters spat dan die heilige water mildelik oor mens en blom.
       Een aand speel ek en Sumi, die Finse meisie, n speletjie van ouma en kleindogter.   DIT was skreeusnaaks en ons het dit reggekry om in daardie karakterrolle te bly totdat ons lank na middernag terug by die hostel was.      Sy het spesiaal vir haar sykouse gekoop sodst sy haar rokkie kon aantrek en ek is met my deco romp hier uit. Goed geklee aan die onderkant want dit was nogal koud.  Pers handskoene ook.
       Die restourant waarheen ons op pad was, was al lankal toe, dus vind ons The most romantic cafĂ©!   Vrek duur en al wat oor is om te eet vir die aand was een sny Napoleonkoek.  Ons het die harde kors koek met twee vurke getakel.  Daarna het ek die kind geleer ululeer....  en ons het die strate oorgeneem. Sonder n druppel alkohol.
        Dan was daar die gesprekke met die personeel en vrywilligers, Tom van Engeland en die vertaler meisie van Argentinie.   Fyn mense wat die wereld wil sien en ervaar.  Verbasend hoe goed die Latviers op cie personeel se Engels is. 

       Die eerste oggend wat ek  by die hostel uitgestap het en Merkela iela (straat) af in die rigting van die Ou Stad, het ek die gekrys van n seemeeu gehoor en daardie klanke het my teruggeneem na een Desemberaand  in Amsterdam.    Die toneelstuk deur n Russiese skrywer, Herfst in Riga, was op die  planke in Die Konsertgebouw, n groot teater vir n tweemanstuk, maar dit was omtrent uitbespreek.
    Dit was 39 jaar gelede, maar ek het Riga  en die gekrys van die meeu in my kop gebere....
       

Thursday 21 July 2016

Dag van kuns en geskiedenis in Tallinn

Pieter die Grootte van Rusland laat bou vir sy vrou Catherina (Kadriorg) 'n paleis en laat 'n manjifieke park op klein skaal ontwerp....   Dit jaar is 1718... en 'n Italiaanse meester lewer sy beste Barok!







       KUMU             van Barok tot ultra modern... en binne stapafstand van mekaar.
                                 Die Kumu is pas 10 jaar in gebruik en bekend as 'n argitektoniese belewenis
                                 in die Baltiese state.




                              Reuse stoele uit ou motorbande gemaak versier een hoek van die ingang

                                           Ryke verskeidenheid... van installasiekuns tot luisterervaring...


                                           Indrukwekkende uitbeelding van kuns wat tydens WW 2
                                           verdwyn het of vernietig is.... hartverskeurend ontstellend.

           Op pad terug stap ek via die Operahuis na die ou stad...
                                    wie hierdie "boom" ontwerp het, het voorwaar 'n humorsin...

Somervreugde in Estonia se hoofstad

                               Buite die ou stadsmure van Tallinn:   Lillefestival beteken Blommefees

Die bekende groen wandelpad is vir die somer in talle tablos deur verskillende individue en maatskappye, tot 'n storieboekstap omtower....









                                                        In Tallinn gaan die kleureprag net voort...

                       Rose op die blommemark (bo) en op terrasse van restourante (onder)



Riga: diversiteit in demografie en argitektuur

'n Oggend in die Russiese buurt neem my van my hostel verby die treinstasie en mark na 'n woongebied wat sterk Soviet-trekke het. Die meerderheid van die inwoners is dan ook Russe en
hulle het 'n sterk teenwoordigheid op die groot dagmark.
     As iemand vir jou die pad verduidelik, noem hulle net die Wetenskapakademie... Stalin se geskenk aan die stad: 'n enorme gebou met 'n toring wat Goties die ruimte in reik.

   In teenstelling daarmee, die eenvoudige, dog indrukwekkende Russies-Ortodoksekerk daarnaas....
Detail : vensterhortjies van 'n oorspronklike houthuis in die Russiese kwartier.

Die Spikeri buurt langs die Daugawa rivier ondergaan n vernuwing op groot skaal.
     Store wat oor twee eeue vervalle geraak het, gaan nou die winkels en
             werkplekke van entrepreneurs word.

Inwoners is opgewonde oor die projek wat vlakby die mark gelee is.