: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 15 July 2016

Trakai-eiland kasteel in Litaue

'n Busrit van ongeveer 40 minute laai my so twee kilometer van Trakai kasteel af.
     Dis 'n Sondagoggend en die vroegsomervreugde is oral te sien in plantpotte en klein tuine.


     Die eilandkasteel was 'n formidabele fortifikasie in die Middeleeue maar is reeds in die 17de eeu deur die Kossakke vernietig.    Die Russiese regering het gedurende die kommunistiese tyd planne gemaak om die kasteel te herbou en so gebeur dit toe in die laat 80tigs.
     Nou is dit 'n toeriste besienswaardigheid en daar is nou markstalletjies oral en seiljagte wat besoekers op ritte neem teen verbysterende pryse.
     Dankie tog vir die verskil tussen reisiger en toeris.  Ek hoef nie nonsensies te koop nie of by 'n duur restourantmaaltyd aan te sit nie.   Nie dat ek nie deur my eie verwenningstoertjies gaan nie.  Ek soek maar altyd die buitengewone koffiewinkeltjies ens op...
     So maak ek vir 'n rukkie vriende met 'n Brasiliaanse vrou van my ouderdom wat alleen reis en my resep volg...   "My friends think I am crazy.. "  Dan wonder ek hoekom mens jou aan jou "bang om te waag" vriende steur....
    Hier is 'n paar fotos van my dag in die platteland....

                                          'n Houtbrug verbind die dorpie met die kasteel
                     By die houthuisie van ongeveer twee eeue gelede word daar Kibinini verkoop.
                                  Dis 'n tradisionele pastei, maar niks om oor huistoe te skryf nie.


No comments:

Post a Comment