: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Wednesday 29 October 2014

Abraham - die oudste reisiger - ons gasheer in Jerusalem

By die Abraham Hostel is een van die promosie treflyne: Abraham, the oldest backpacker ...
      Sommer teenaan die tremlyn op Davidka-plein, met Mea Shearem aan die anderkant, daar sit die Abraham Hostel. Nie 'n gewone hostel nie, maar 'n belewenis vir reisigers van oraloor en alle ouderdomme,
       Om Abraham se lof te besing, gaan lank neem, maar uit hierdie fotos kan iets van die atmosfeer wergegee word:

                      Niggies maak kos - dis  Nuwejaar en alle kommersiele aktiwiteite is gestaak



Lily en chef berei Shabbat-maaltyd voor


                                              Lily en Elvis van Ierland (albei vrywilligers!)
                                       Die "chill-out dorm" in die ruim bymekaarkom-area

Monday 27 October 2014

Israel : die jaar 5775 breek aan...

Woensdag 24 September in Jerusalem:
              Die Joodse inwoners skarrel om proviand in die hande te kry vir Rosh Hasanah wat teen sononder begin. Daar moet kos en middele aangekoop word vir drie dae. Nuwejaar loop oor twee dae en dan begin Shabbat daarna.
                In die Mamilla Mall is daar groot bedrywighede en vermaak vir die kinders... tot balonne en hansworse want hier hang die sekulere Jode uit.
     
               Mamilla is soos 'n wandelstraat met winkels aan beide kante en kwaliteit beeldhouwerke wat die deurstap versier. Hier onder is Kia by een van die kunswerke ...
                                                       

,, terwyl ons daar staan en praat, kom 'n netjiese vrou verby en vra uit na ons taal en aksent....  "And my cousin lives in South Africa. Cape Town. I am sure you know her. Her name is Helen Zille. Our mothers are sisters ... "

... en in die opelug Mahane Yehude mark, so tussen die kosstalletjies en restaurante, is 'n ortodokse Jood besig om besoekers meer van tefellin te leer ...

en ons besig om uit proviand vir drie dae aan te skaf...

Friday 24 October 2014

Op pad na die grafkerk ...

Dis 25 September 2014: Rosh Hashana in Israel. Net soos Shabbat - teruggetrek in rus en verootmoediging...
      Jerusalem se strate is stil. In Jaffaweg op pad na die hek met dieselfde naam is die spore van die "light rail" oftewel tram, blinkstil in die son.  Hier en daar is 'n ortodokse Jood oppad na sy sinagoge of na die Klaagmuur.
       Binne die mure van die Ou Stad is daar lewe - toeriste en Arabiese handelaars.  Na 'n verposing aan die vrouekant by die Klaagmuur neem ek pad deur die mark na die Christelike deel en wel na die grafkerk, The Church of the Holy Sepulcre waar die Katolieke en die Ortodokse Christene saam met die Etiopiese Christene en die Koptiese kerk, hard probeer om heersers te wees waar Konstantyn in die 4de eeu nC die eerste Christenkerk laat oprig het. Die daad word eintlik aan sy moeder Helena toegedig.
       Intussen is daar baie menings en argeologiese diskoers oor die plek van die graf van Jesus. Vir Protestante is die "keuse" die Tuingraf anderkant die Damaskus-hek buitekant die stadsmure...
     Hoe dit ook al sy, die middag het ek weer die paradoks van kommersialisme se luide, afdwingende handeldryf in die markplein teenoor die dwingende/dringende aanbidding in die Heiligste plek vir Christene in die hele uitspansel beleef.
    Die fotos gee 'n blik op die koopware in die nou gange van die Arabiese mark ...
   







Thursday 23 October 2014

Vinnige draai in die woestyn

'n Vinnige besluit om 'n nag in die Arava woestyn deur te bring, neem ons uit Tel Aviv suid.
      Eerste stop is Beer Sheva in die Negev waar ons onsuksesvol na die "groot Russiese supermark"soek waarvan Marzanne le Roux v d Boon in een van haar Israel romans praat.   By die BIG kry ons egter prima proviand, onder andere 'n gebraaide hoender, wat ons buite in 'n koeltekol geniet.
      Dit is moeilik om te glo dat hierdie ongenaakbare woestynagebied die "kosmandjie" van Israel genoem word. Oral is daar tonnels en groot gebiede onder skadudoek want die wind en son is die boer se vyand.   Daar word baie van gasarbeid uit onder andere die Fillipyne gebruik gemaak.  Die produksie het net te groot geword vir die inwoners van die kibbutze en moshavs.
      Op pad stop ons by 'n klein nedersetting om pad te vra... 'n vriendelike Jodin wat al twee jaar die stad vaarwel geroep het om haar bedryf - die maak van jogaklere - hier voort te sit gesels met ons. Sy bemark op die internet en stuur dan pospakkies die wereld in!  Geen statige huis is haar woning nie, net 'n nederige hut en werkskamer...

                                         Naaldekoker op muur van een van die hutte
                                                    Groen deur... twee bose oge wat loer...
                                                              ... en 'n rare woestynvrug!

     Ons het toe nie soos beplan by die Desert Eco Village oornag nie, maar teruggedraai Dooie See toe en by Ein Gedi Hostel 'n goeie verposing gehad.  Kia het vroegaand  op die water gedryf en na die sterrehemel gekyk.
     Ons het in die donker teruggestap na die hostel met busse en lorries wat  langs ons verbyspoed Jerusalem toe op Hoofweg 90.... besondere ondervinding....


                    Volgende oggend - die son bak neer op die Dooie See wat stadigaan opdroog (sien artikels in die kuberruim)
   
Uitsig op Dooie See vanaf ons kamer by Ein Gedi

Laetitia geniet haar ontbyt ...
....  en ek geniet myne!

Monday 20 October 2014

Mehane Yehuyda mark; Jerusalem

Ek het 'n swakte vir markte. Nie vlooimarkte nie. Varsprodukte!
    In Israel is hierdie markte ekstra besig voor Shabbat... met ons besoek is Rosh Hashana gevier (Joodse Nuwejaar) en het die verbruikers proviand vir drie dae dae aangekoop.




                                                             Joodse koeksister!

Street surprises - Tel Aviv

A highly creative city. On the art front one has to walk about with all senses ready to absorb.
    On Dizengoff I found  interesting recycling efforts on the pavement:




 ... and near Allenby I was enticed down a rough passage into a dusty room.  The largest poster shop in all of Israel, it said ...





Monday 13 October 2014

See van Galilea: Geseend is die vredemakers...

Wens ek het langer tyd gehad om net te sit en oor die meer - die laagste varswatermeer in die wereld - uit te staar en stil te word. Maar ons het net een dag gehad en dit het 'n besoek aan Tiberias, Kapernaum enTabgha (die kerk van die Vermeerdering en die Berg van Saligsprekinge), ingesluit.
                                            Middaguitsig vanaf die promenade by Tiberius
                                       Houtsneewerk in die moderne kerk by Kapernaum

     Die hoogtepunt was by die kerk van Saligsprekinge waar 'n groep mense uit Pretoria (Metodiste van 5 gemeentes) by ons kom sit het en hulle leidster uit Mattheus voorgelees het.
     Haar slot was: The Beautitudes should be remembered in practice as "A Beautiful Attitude"...  Die herinnering is nou elke dag vir my 'n kompas.

                  On a hill rising behind Tabgha is a round chapel built in 1937 and maintained by the Franciscan Sisters. 
This site, which offers one of Israel’s most beautiful panoramas, is where Jesus delivered his Sermon on the Mount.
Blessed are the poor in spirit, for theirs is the Kingdom of heaven.
Blessed are those who mourn, for they shall be comforted.
Blessed are the meek, for they shall inherit the earth.
Blessed are those who hunger and thirst for righteousness, for they shall be satisfied.
Blessed are the merciful, for they shall obtain mercy.
Blessed are the pure in heart, for they shall see God.
Blessed are the peacemakers, for they shall be called the sons of God.
Blessed are those who are persecuted for righteousness sake, for theirs is the Kingdom of Heaven.
(Matthew 5:3-10)
(Internetbron.....)



                                             Hek en vloer by ingang van die Franciskaanse kerk by
                                                     die berg van die Saligsprekinge


Friday 10 October 2014

Soetgoed na Shabbat

In Israel het ons drie keer Shabbat meegemaak; twee keer in Jerusalem en een keer op moshav Hillel in die noorde naby die grens van Lebanon en Sirie.
     Dit was nie vir my nuut nie, wat wel my asem weggeslaan het is die gebeure in die sekulere gemeenskap na die einde van die rusdag van so ongeveer 20/21:00 (in September).
     In Jerusalem het ons twee Saterdae-aande beleef waar die tram en busse begin loop en die restourante hulle deure oopgooi en die koek- en roomyswinkels toue kopers moet bedien.
     Hierdie klomp soetgoed het my lens gevang:



                Daar is ook baie plekke waar iets meer substansieels bestel kan word:


Monday 6 October 2014

Aankoms in Israel

Vlieg saam met die Etiopiers en die dag en nag het nie ure nie en aandete word net na middernag bedien ensovoorts...
   Ons land 03:40 en gly deur immigrasie soos 'n geoliede masjien. Ek ken ons besprekings en toerplanne uit my kop en is verras toe die vroulike Israeli antwoord dat ons toer vir haar so lekker klink dat sy sommer wil saam.
    Omdat ons (ek! bietjie van 'n fout want hulle is net van 08:00 to middernag oop) die Gordon Inn gekies het wat naby Gordon strand in Tel Aviv is, moet ons die eerste ure van die Israel-ekspedisie op die strand deurbring.  Dis pikdonker toe die taxi wat teen supersoniese spoed gejaag het en ons 190   (byna R600) NIS gevra het, vir my en Kia, Gerda en Laetitia, aflaai.
   Op 'n stadium is ek die enigste wakker een in die donker oggenduur en loop ek lekker in die louwarm water en bespied die omgewing (4 jaar gelede laas daar gewees).





Eerste lig!
Net die vogels is wakker....











                                                        Kia kry die lekkerste slaapplek
                                      Kunstenaarsvoorstelling: Jerusalemstrand in Tel Aviv.
     
      Die stad se strandfront is besonderders wat infrastruktuur en skoonheid betref. Daar is altyd lewe... fietsers, baaiers, braggers, bejaarde tantes...
                          Drie dae later was Inge ook daar om Eon se aankoms af te wag.