: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 24 October 2014

Op pad na die grafkerk ...

Dis 25 September 2014: Rosh Hashana in Israel. Net soos Shabbat - teruggetrek in rus en verootmoediging...
      Jerusalem se strate is stil. In Jaffaweg op pad na die hek met dieselfde naam is die spore van die "light rail" oftewel tram, blinkstil in die son.  Hier en daar is 'n ortodokse Jood oppad na sy sinagoge of na die Klaagmuur.
       Binne die mure van die Ou Stad is daar lewe - toeriste en Arabiese handelaars.  Na 'n verposing aan die vrouekant by die Klaagmuur neem ek pad deur die mark na die Christelike deel en wel na die grafkerk, The Church of the Holy Sepulcre waar die Katolieke en die Ortodokse Christene saam met die Etiopiese Christene en die Koptiese kerk, hard probeer om heersers te wees waar Konstantyn in die 4de eeu nC die eerste Christenkerk laat oprig het. Die daad word eintlik aan sy moeder Helena toegedig.
       Intussen is daar baie menings en argeologiese diskoers oor die plek van die graf van Jesus. Vir Protestante is die "keuse" die Tuingraf anderkant die Damaskus-hek buitekant die stadsmure...
     Hoe dit ook al sy, die middag het ek weer die paradoks van kommersialisme se luide, afdwingende handeldryf in die markplein teenoor die dwingende/dringende aanbidding in die Heiligste plek vir Christene in die hele uitspansel beleef.
    Die fotos gee 'n blik op die koopware in die nou gange van die Arabiese mark ...
   







No comments:

Post a Comment