: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Saturday 30 April 2016

Kennismaking met Valetta

Malta se hoofstad is een van die eerste Europese stede wat volgens die "grid" patroon uitgele is.
   Die stad het 'n sjarme wat bekoor ... dis 'n simfonie met reikwydte van prag en praal, tot ontwikkeling, restourasie en verval.
   So sien ek op my eerste volle dag in Malta 'n paar van die praalplekke... 'n Maltese herehuis uit die 16de eeu en die 19de eeuse Italiaanse restaurant, Cordina.
                                                          Die binnehof van Casa Piccolo
                                                       
Interieur van Cafe Cordina en die Venisiese glaskandelaar

Cordina se uitstalvenster

Bo en onder:  Gawe adresse!

Valetta sorg vir'n verskeidenheid verrassings om elke hoek en draai...

Die operahuis is gedurende WWII gebombardeer
... nou is dit 'n opelugteater


Al wandelende in Republiekstraat (die stapdeel bekend
as Commonwealth Walk)


'n koel fontein ...
en stalletjies vol van "vatmyhuistoe" goeters

Meer inligting by www.visitmalta.com

The capital of Malta, Valletta, is inextricably linked to the history of the military and charitable Order of St John of Jerusalem. Built after the Great Siege of 1565 and named after Grandmaster Jean Parisot de la Valette, this fortified city has hundreds of monuments, all within a relatively small space, making it one of the most concentrated historic areas in the world.

Kunswerk getiteld EENHEID
Valletta, Malta’s capital and a World Heritage site, is nothing short of an open-air museum. It is a living experience of Baroque architecture, a monument donated by the Knights of St John nearly five centuries ago. Throughout the years, Valletta has welcomed emperors, heads of state, artists and poets and is now the permanent seat of the Maltese government.
 the city is today one of Malta’s main tourist attractions, hosting among others, the majestic St John’s Co- Cathedral, the imposing bastions and a treasure of priceless paintings. It also provides a stunning snapshot of Malta’s Grand Harbour, often described as the most beautiful in the Mediterranean.    The city’s unique setting nowadays plays host to a series of cultural events, from theatre in English, to concerts by leading opera singers.
A hive of business activity during the day, the city switches to a slower gear for the night. Use it to your advantage to get away from the noise and take a stroll to admire the magic of the fortified capital amplified by the gentle lighting. Admire the bastion walls, the dense clusters of worn limestone buildings, the timber balconies, and imposing Churches.

Ontmoeting met Jones familie

Hostelle bly vir my interessante (en bekostigbare) blyplekke. So soek ek op die internet na hostelle in Sliema, Malta, en vind Hostel Jones se webblad.
    Dadelik trek dit die aandag.  Bietjie alternatief, deur verskeidenheid kunstenaars gedekoreer, gebruik gemaak van herwonne materiaal en die belangrikste... kombuis en yskas vir gaste.

Die hostel is in 'n tipiese Maltese huis

    Ek beland in 'n slaapsaal vir 3 persone en vra asseblief vir die losstaande enkelbed want ek is 'n senior! Die kamer is op die boonste vloer. En die naam Mushroom!


So gaan slaap ek vir drie nagte by die "fresco" sampioene.
Aangename ervaring, al was die lakens oud en die stortkop gebreek...

Waaghalsig ... maar gelukkig is dit net die sampioene wat uitnooi.
Maria van Portugal is deurentyd 'n slaapmaat. Sy is ongeveer 50 en soek werk in Malta.
Die ander bed word elke nag deur 'n ander manlike gas beset.. eers 'n Algeryn en toe 'n Israeli. My laaste nag se kamermaat het middernag aangekom en sy kop was nog toegetrek toe ek uittrek!

Vrolike verwelkoming... almal wat hier bespreek, se vanne is Jones!

Ieder en elke Jones mag 'n stuiwer in die armbeurs gooi.

Bo en onder:  Hostel Jones se tuin

 Deur van pallethout  gemaak
Krapbord in die kombuis waar 'n tafel met ses stoele enige tyd van die dag met kosmakers en geselsers van verskeie plekke op die aardbodem beset word.  


Pizzamakery saam met Italianer en Spanjaard!

Friday 29 April 2016

Klop-klop, ek is in Malta

Malta is miskien 'n speldekop in die wereldatlas, maar dit is 'n eiland met gasvrye mense waar mens lus voel om aan te klop...















Monday 4 April 2016

Trap-trap na St Tropez

Gedurende my herfsbesoek aan Port Grimaud stel Hendrik voor ons ry fiets St Trop toe. (dis hoe die Franse dit uitspreek).
    Ek maak asof ek elke dag 20 km fietstrap en ons val weg op die fietspad... Vir my nageslag laat ek hierdie fotoverhaal agter:

                                                                By die halfpadmerk na St Trop!
    Hendrik in die seiljaghawe

   
   Restourantstraat langs die hawe

                                                                  Kuns op die kaai!
                                                                          St Trop selfie
                                                        Missie amper voltooi - nog 1 km