: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 19 February 2024

Napier NZ in Desember 2023

Ons ry oos in Eon se vakansie. Gaan tuis in Inge se neef Robert se huis. 
     Napier is NZ se Art Deco hoofstad.   Besoek museum en stap deur middedorp waar die grootste konsentrasie Deco geboue is.

Wednesday 15 November 2023

New Zealand is baie ver...

Wellington, November 2023.
    By Eon, Inge, Ariyah en Ivanah. 
Uitsig van Clementine Way, Crofton Downs, in rigting van die hawe... 

Ivanah is 1!
Ariyah in rok wat Lauraine gestuur het. 
Eon met braairooster, Kia se geskenkhemp en die Springbokvlag uit SAfrika. 
Eerste koppie koffie in NZ. 

Monday 23 October 2023

Kastaiings, kersies, bloubessies...

Okt 2023
Herfs is kastaiingtyd en daar is baie bome in Trancoso en omgewing. Ek en Ilan het opgetel en geeksperinenteer met die gaarmaak daarvan.
Lente is kersietyd! Hierdie twee bakkies het einde Mei so mooi vertoon op my kombuistafel. 
     Daar is elke begin November 'n fees vir o a produkte van kastaaings en hartelike musiek in die skousaal. 
Emile koop wyn by die fees. 

Emile en Willem behartig 'n bloubessieplaas vir ' n Suid-Afrikaner in die Mondego vallei. 
   In Junie het ons almal gehelp om genoeg vir die huis te oes.. 

Saturday 23 September 2023

Ilan se museum besoek

Julie 2023
    Die  Isaac Cordoso interpretasiesentrum huisves ook 'n volledige sinagoge.
    Trancoso het tot 1500 ' n gevestigde Joodse gemeenskap gehad.   Die Inkwisisie het egter 'n einde daaraan gemaak. Diegene wat nie aan hul einde gekom het nie, het gevlug of nuwe-Christene geword.
      Ek wou net vir Ilan voorstel aan die sinagoge en 'n paar Joodse gebruike en het dus vir hom 'n persoonlike gids gekry. 
   Hy sien die jad waarmee die "scrolls" gelees word. 
Die shofar. 

Die Torah
Die ingang van Isaac Cordoso is ootkant die Bandarra museum. 
      Volgende keer gaan ons daarheen. 

      

Friday 25 August 2023

Tyd om te vertrek...

22 Julie 2023


So vinnig is die ongeveer 7 weke verby!
     Emile het gevra wat ek graag wil doen voor ons Lissabon toe ry.
      My antwoord was om 'n Pastel de Nata te eet. Dit word toe waar met 'n uitstappie na Celerico de Beira maar eers teen die bult uit kasteel toe voor ons by kafeetafel kan aansit.
Die tertjie was lekker maar nie die gehalte van O Trovador in Trancoso nie. 

...en daar staan toe ' n Citroen voor die kafee.   Ons was 44 jaar gelede met ' n geel een in Portugal! 

Jammer dat ek die oumensdag gaan misloop. 

    Net na 1nm ry ons lughawe toe.   Ek en Ilan gesels aanmekaar en by 'n petrolstasie koop ons roomys.  
     Naby die lughawe besoek ons Cantino do Vintage. Groot retro en vintage winkel... ' n fees! 
 Tikmasjien soos die Olivetti wat ek in 1964 gekoop het. 


En daar staan my skoolfiets... 1958 tot 1963. 

Monday 31 July 2023

Festival Medieval em Trancoso

Junie 2023
Voorreg om die fees vir 'n tweede keer by te woon!


Die "pous" seen my op ' n warm middag! 


9