: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 23 November 2015

Vriendin Christine se soeke na voorouers in Italie

Saam met Christine en vriendinne Ina en Roline om my vriendin van 44 jaar se Hugenote voorouers se spore te volg. Die Malan voorsate het oorspronklik in die valleie suidwes van Torino gewoon. Hulle is van die pure voorloper Protestante wat vandag nog bekend staan as die Waldense.
     So is ons dus einde September 2015 na Torre Pellice,  die hoofkwartier van die Waldense in die hele universum.
'n Hele middag in insiggewende museum.
Heelwat grafika oor Waldense se vlugeskapades
Onder: Christine by standbeeld van voorvegter. Let op die Bybel in sy lyfband
Ons het verblyf gekry in selfsorgeenhede in Casa Vacanze Provenzale
Christine dek tafel en Roline kook!
Slimste kombuis wat ek nog ooit gesien het.... in eerste foto is deure en flappe toe.
onder is dit werkende kombuis!
uitsig van balkon van Casa Vacanze





Tuesday 17 November 2015

Italiaanse interlude: Torino!

Die Piedmont-streek is vir talle smulpape 'n moet ervaring.  My besoek aan Torino einde September 2015 was blits, maar onvergeetlik. Vir die oningeligte is dit die stad  van Fiat en ander motorvervaardigers, maar kyk die besoeker na die geboue, is dit duidelik ook 'n koninklike stad want hier is Italie gedurende die 19de eeu verenig onder Victor Emannuel ...    toe het Rome die hoofstad geword.
Onder: Vriendinne Roline, Tinie en Ina poseer vir foto by die geel huur-fietse 

Argitektoniese style is 'n lus vir die oog.. Barok. Rococco, Renaissance, Neo Klassiek en Art Nouveau. Die vele openbare pleine, wandelgange, kollonades getuig daarvan.

My erfstukstoele voor restourant in een van die vele kollonades


Advertensie vir fynproewer-sjokolade




My koffiekoppie... ontbyt in die Hotel Amadeus.


Onder:     In hierdie stad is kwaliteit in eet en drink oral sigbaar.
Tot in 'n medium-prys hotel is die ontbyt uitgebreid en van die beste.















Porta Susa treinstasie onder    ... opera en die kunste is belangrik in hierdie pragtige stad in die Noordwestelike hoek van Italie.

   Twee nagte in hierdie besonderse stad was 'n verrassing en 'n bederf.

Monday 27 July 2015

Vrywilliger in Jerusalem

In Mei het ek ge-heen-en-weer met El Al om by die Van der Walt's se Bedieningshuis te gaan kook, ens.
      Dit was my derde besoek aan Israel binne die bestek van 8 maande en mens sou dink daar is niks meer om op  rondritz van die Heilige Stad te se nie.  Maar elke keer kry die besoek en die impak vanervaring meer diepte.  Hierdie keer kon ek ook deur gaste se verhale, gebrokenheid en wroeginge te hoor, 'n verdere dimensie
daaraan heg.

Sitkamer in die bedieningshuis
Groep van Bellville geniet 'n kerriemaaltyd op die stoep
Amanda van der Walt
Daar is tot Mrs Ball's !

Brief  vir publikasie in Gereformeerde kerk se PLUIMSAAD: 

Geliefde gemeente

                             Gegroet uit Jerusalem op die 27ste dag van Ijar, in die jaar 5775 van die Bybelse kalender (16 Mei 2015).
                              Vir my huidige besoek aan Israel is ek nie 'n reisiger nie, maar wel vrywilliger by 'n Protestantse bedieningshuis (Prayer Vision for Israel ministry house) in die voorstad Malha. Dit is ongeveer 6km van die Ou Stad van Jerusalem gelee.
                            Ons ontvang klein groepe toeriste uit Suid-Afrika, Namibie, VSA, Kanada, Engeland asook af en toe individue uit Nederland.   Hier word kort toere  na plekke van Bybelse-relevansie vir die besoekers aangebied, waarvan die belangrikste die "In die voetspore van Jesus" roete is.  Die gastehuis bied plek vir maksimum 12 persone en die gaste kry daagliks twee maaltye.
                           Ek sorg hoofsaaklik vir maaltye, maar doen ook tuinwerk en het ook al twee koppe hare gesny.  Verder geniet ek die ekspedisies na die Rami Levy supermark waar produkte in Hebreeus geadverteer word en het gou geleer om die spesiale aanbiedinge te verstaan.
                      Israel is peperduur vir ' n SA koper. Ons Rand is byna 10 % flouer teen die NIS (Nuwe Israeli Shekel) as wat dit was tydens my besoek in November verlede jaar. Maar ek kla nie, voel net jammer vir die SA groepe wat graag geskenke vir vriende en familie tuis wil aankoop.
                       Ek het verlede week toergids vir 'n groep van 5 gaste gespeel op hulle "vry" dag toe hulle shekels wou spandeer. Dit was pret, maar uitputtend. Gelukkig is ek nou gekonfyt in die aanbod van onderskeie winkeliers asook bus- en tremroetes en in die aankoop en validering  (sub, vind asb afr vir Validating)  van reiskaartjies.
                       Ek was so bevoorreg om saam met ons vorige groep na Galilea te reis. Hoogtepunte daar was 'n besoek aan Nasaret, die  Berg van Saligsprekinge,  Capernaum,  Tiberias en 'n bootreis op die See van Galilea. Met die terugreis het ons ook 'n draai gemaak in Jericho, wat beskryf word as die oudste (deurentyd bewoonde) stad op aarde. (Hoewel Aleppo en Damaskus ook aanspraak maak daarop)
                 Jericho is in die Palestynse gebied en ons het voor sononder die gebied deur die grenspos verlaat en deur die Wildernis van Judea teruggekeer Jerusalem toe.
                     Toe ons gister van die groep afskeid neem, was dit asof ons familie groet.   Na baie bondels beddegoed was, mop en stofsuig, asook 'n supermark besoek,  is ons slaggereed vir die groep wat more teen middagete aankom.
                  Sien julle DV in die Bybelse maand van Sivan.

Tuesday 21 April 2015

Wegbreek na Plettenbergbaai

Kia reel dat ons vir 'n paar dae in Maart na die Beacon Isle Hotel gaan in die geselskap van een van haar eerste rekenaar-leerlinge, Tokkie Gerber.
       Lekker weer, pragtige uitsig en die dawerende branders ...




Tokkie en Kia
                                                      Haloumi slaai in die restourant

Monday 16 March 2015

Vroegwinter: onthou-oomblikke in Israel

My kinders Emile en Jana se besoek aan die Abraham Hostel kort na my aankoms in November 2014 in Jerusalem...  wat 'n vreugde!

Bewolkte middag in die tuin van die Holocaust Museum ...

                                                        Helder oggend op pad na die Knesset...
                                             Hierdie menorah is deur Brittanje aan Israel geskenk...

Menorah deur Salvador Dali by die Ben Gurion-lughawe...

Kapiteel in die Dawidstad.
 Die ontwerp word op die 5 shekel muntstuk gebruik....

Tonnelkuns ... ondergrond tussen Dawidstad en die Jerusalem Argeologiese Park. 
  Die pad wat die Jode geloop het van die reinigingsbad na die Tempel ...

                                                Groot kitch keramiekmark en toeristestop naby Jericho ...

Draakvrug en granaat ...

                                              Bord by Georgie, die Armeense winkelier ...

                                            Amanda sing in die Kerk van die Heilige Anna
                                             by die Bad van Bethesda ...
                                             
                                                  Skildery in die Cardo in die Ou Stad ...

Joodse mark : eetbare robyne ...
                           
                                                     Poskaartstaander : falafel ...

By Christ Church in Ou Stad ...

Jaffastraat: spookstil op Shabbat ...

Ou bedelaar. Hy is sinoniem met Jaffastraat ...

Spotprent  in Haaretz gelees in die sitkamer van Abraham Hostel ...
Betonblok by Davidka tramstasie om te keer dat terroriste met voertuie in pendelaars inry ...

Detail op deur van die Holy Sepulchure (grafkerk)

Vodka in Rami Levi, 'n Ortodokse Supermark ...

Sitbank by Kibbutz Ginosar naby Galilea ...

Steil straat in Joodse buurt van Ou Stad ..

Besoek aan Ortodokse yeshiva saam met
 hoogswanger Gity ...
  ...Tiaan van die Vrystaat in die woesterny van Judea ...
                                                                         My kamermaat in die Solomon Hotel in Tiberias ...