: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 15 February 2013

Op 'n motorboot in die Noord-Atlantiese oseaan

Tydens my 3-weke vakansie op die Faroe eilande
Sewe jaar gelede nooi Jonalisa en Kristian-Martin Rasmussen my om by hulle te kuier op die klein eilandjie Bordoy - deel van die Faroe eilande. Die hele "nasie" bestaan uit 48 000 mense versprei oor 18 eilande, waarvan 16 bewoon word. Die Faroes is onafhanklik maar word ten dele deur Denemarke bestuur.

 Die naweek by boekklub ontdek ek Chris Stewart se Three ways to capsize a boat waar hy beskryf hoe hy vanaf Engeland na Newfoundland vaar via Noorwee en Ysland. Toe hy en die bemanning verby die Faroes vaar, ervaar ek weer die middag saam met die Rasmussens op hulle motorboot...
           Die Rasmussens se motorboot in die kleinboothawe 
                      van Klaksvik - hoofdorp van Bordoy
     Kristian-Martin en sy drie seuns is in die visbedryf wat 90% van die eiland se inkomste uitmaak. Hulle het 'n reuse fabriekskip wat tydens my besoek in die waters om Ysland visgevang het. Vir die gesoute vissermanne is die seevoels die blomme van die oseaan en dit was juis Kristian-Martin se idee om vir my van die broeiplekke van die "gannets" en "fullmars" in die rotse te gaan wys.
     Ons sou koffie maak in die kajuit tydens die uitstappie en daarvoor gaan ek na die patisserie om "gebakkies" te koop. Ek onthou nog so goed dat ek vir ons elkeen 'n  "Napoleon se hoed" gekoop het - 'n koekie in die vorm van sy hoed met sjokolade bedek.
 Die voels se broeiplekke - my kamera te onvoldoende om dit te wys!
Wat 'n ongelooflike eerste ervaring ... om so ver noord teen 'n hoe spoed te vaar. Kristian-Martin het net gewag dat ons die filterkoffie klaar gemaak het toe trek hy daardie brandstofklep oop en voer toertjies uit. Jonalisa, wat die see ken, moes vinnig af na die kajuit toe. My maag het gedraai en erg met die koffie en Napoleon gespartel maar ek het uitgehou en gemaak asof ek dit elke dag doen.
 Klaksvik - uitsig vanaf Jon Rasmussen se huis
    Kristian-Martin en Jonalisa Rasmussen
                                                       Waar die wind altyd waai ...