: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Tuesday 10 February 2015

In die heuwels van Judea

Wat 'n vreugde in die laatherfs... 'n besoek aan die kunstenaarsdorpie Ein Kerem buite Jerusalem.
    Dit was ook die tuiste van Johannes die Doper se ouers. En dit is ook waar Maria, moeder van Jesus vir Elizabeth, Johannes se moeder, kom kuier het.   Daar is 'n fontein na Maria vernoem.
    Ek was middel November 2014 daar saam met Jana en Emile.



    So lyk die kerk van Johannes die Doper wat die die Katolieke Orde van die Heilige Franciscus
 gebou is en onderhou word.  En binne is die kerk 90 persent met teels versier. Onder is 'n gebed wat op teels teen die tuinmuur in verskeie tale uitgebeeld word.

      Die dorpie was baie rustig met ons besoek... besoekers kom meestal op Shabbat, het ons gehoor.
Op pad van die kerk af, het ons by 'n interessante kunstuin verbygestap. Ook die werk binne besigtig.



Daarna op die stoep van 'n restourant gaan sit en vars
granaatsap drink....    voor ons vertrek by 'n vrugtestalletjie die laaste ryp vye van die seisoen gekoop.

Altyd moet ek myself herinner dat die staat van Israel jonger as ek is... en die ontwikkeling wat in die tyd plaasgevind het is fenomenaal.   Hiermee dink ek net aan wat hulle met beskikbare water uit die See van Galilea kan doen om boorde te besproei.