: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 27 July 2012

Biltong in Brittanje

Dit is 'n egte Europese winterdag: jas en serpweer.
    Ek dra van vroegoggend al my grys "All Weather" jas (aan die begin van die eeu in Pickering, Noord Yorkshire gekoop) en wolserp uit 'n welwillendheidswinkel naby Winchester-katedraal - gekoop in 2007. En dus herinner dit my dadelik aan die Saterdae in Petersfield, Hampshire toe ek 'n versorger vir twee bejaardes in die klein "village" Rogate was.
    Saterdae het ek die middag vry gehad van 14:00 tot 17:00 en my na ete (en natuurlik die opwas!) van Parsonage Farmhouse bult-af gehaas na die bushalte langs die kerk in Rogate. Dan is dit 5 myl dorp toe tot op die markplein waar 'n jong Suid-Afrikaner 'n biltong- en SA produkte-stalletjie gehad het.
    Die verlange/hunkering na die kos van jou land wanneer jy in die buiteland is, bly vir my 'n "vreemde" verskynsel. Vernaamlik wanneer jy in 'n land is met bekende kossoorte. Maar steeds is dit 'n fyn draad wat jou aan die troos van kos, en in hierdie geval, ook taal, bind. Want by die stalletjie van Jan sou ook ander Afrikaanssprekendes 'n draai gooi.

Saaam met twee Suid-Afrikaners by die biltongstal in Petersfield.
 Hier dra ek my swart jas wat ek by een van die vele welwillendheidswinkels 
in Kingston-on-Thames gekoop het.

     Biltong is nou so vryelik in Brittanje te koop, maar in die vroee dae van my reisie was dit 'n vakuumverpakte wegstekitem in my bagasie omdat dit so'n gewilde geskenk was vir familie en vriende in die buiteland.
     
 vervolg ...

Saturday 21 July 2012

Daar is 'n teekamer in Yorkshire ...

Op 'n bewolkte middag soos vandag dink ek baie aan die teekamers van Engeland en spesifiek dan my ervaringe van middae by Bettys in beide York en Harrogate.
     My "verhouding' met Bettys het reeds in Januarie 2002 begin toe my SA vriende Elbie en Danie Nel my een middag deur die poorte van die historiese teekamer naby St Helens Square in York gelei het. Dadelik was ek ongeveer 8 dekades in die verlede by aanskoue van die interieur en die kelnerinne in eg Engelse uniform.
   Bettys is nie goedkoop nie en daardie middag het ons saam met koffie en tee net EEN tertjie bestel: 'n vrugtetertjie. Dit was in die tyd toe die rand baie swaar gekry het op die geldmark en ek die uitnodiging gerig het! Om ons het mense "high tea" geniet met serveertorings op hulle tafels.
  Die  vugteterjie sigbaar links van die teekoppie (2002)
       In 2006 en 2007 toe ek 'n "nanny" in Pickering was, kon ek 'n paar keer weer besoek afle by Bettys want daar was Engelse ponde in my beursie. Elke keer was dit 'n besonderse ervaring. In 2006 het ek my werkgewers se tweede motor tot my beskikking gehad. Ek het van die voorreg gebruik gemaak en Harrogate besoek, waar Bettys ook 'n tak het.

                                                Elbie Nel se rooi karretjie het Bettys toe gery

                                              Bettys in Parliament Street, Harrogate (2006)


                                

                                                            York - 2002, 2006/7

      Hier is die storie van Betttys soos vertel word op die webblad: bettys.co.uk       The story of our family business begins with a young orphan from Switzerland who travelled to England to make his name...
Where Switzerland Meets Yorkshire
After losing his parents at an early age, Frederick Belmont spent his teens in apprenticeships for all manner of bakers and confectioners across Europe. By the time he arrived in England his head was filled with knowledge of their craft – and dreams of his future.
In London, Frederick discovered he had lost the address he was travelling to. All he could remember was that the town sounded like ‘Bratwurst’. Through sheer luck he found himself on a train to Bradford.
Fortunately the beautiful countryside and sweet clear air reminded him of his native Switzerland – so much so, that he decided to stay. In 1919 he opened his first Bettys Café Tea Rooms in the fashionable spa town of Harrogate. The combination of mouth-watering Swiss confectionery and Yorkshire warmth and hospitality in such an elegant setting proved irresistible. Bettys was an instant success and was soon able to boast of ‘Royal and Distinguished Patronage’ on its letterhead. In the 1920s Frederick opened a Craft Bakery in Harrogate, complete with its own orchard. Thanks to the new Bakery, Frederick was able to open Bettys branches in other Yorkshire towns including a flagship café in York, inspired by the magnificent Queen Mary Cruise liner. 
     HisYork tea room became particularly popular during the war years when the basement ‘Bettys Bar’ became the favourite destination of the hundreds of American and Canadian ‘Bomber Boys’ stationed around York. ‘Bettys Mirror’, on which many of them engraved their signatures with a diamond pen, remains on display at the branch today.In the 1960s Bettys joined forces with another Yorkshire business, family tea and coffee merchants, Taylors of Harrogate.

A Family Affair
The years passed, and the business was handed down the family, who still run Bettys today. In the early sixties we bought Taylors, a family-run tea and coffee merchant, also based in Harrogate. It proved to be a winning combination.
With six Bettys Café Tea Rooms across Yorkshire, our own Cookery School and a home delivery service, the business has certainly grown. But we remain true to Frederick’s founding principles.
We’re devoted to doing things beautifully, from the cakes, breads and fancies made fresh each day at our Craft Bakery, to the way we look after our customers. And this is matched by the respectful manner in which we deal with the people who grow our speciality teas and gourmet coffees.

Who was Betty? 
After 80 years the identity of Betty still remains a family mystery – although over the years many explanations have been offered.Frederick could have named his Tea Rooms after the late Queen Mother, Elizabeth Bowes Lyon, who was born at the turn of the century, or perhaps a former manageress of the Harrogate Spa, Betty Lupton, ’Queen of the Harrogate Wells’.
There’s a sentimental tale of young Betty, a doctor’s daughter, who died of tuberculosis and whose father’s practice on Cambridge Crescent later became the first Bettys Café Tea Rooms.Our favourite story, however, is the one which tells of a small girl interrupting the very first Board Meeting when the issue of what to call the Tea Rooms was being discussed. The girl’s name, of course, was Betty.

Nieu-Bethesda is 'n lekker feesplek

Kyk vandag deur die fotos op my kamera en daar is waarlik nog van die wat aan die einde van September 2011 geneem is en graag 'n ewigheidsplekkie in die kuberruim wil kry.
      Een van die lekkerste elemente van die fees was die "kunsloop" na die amptelike opening. Laatmiddag van die eerste feesdag kom ek by die Skaapstudio aan, gelee in die tuin van 'n huis wat aan 'n Pretoriase argitek behoort.

kies een om huistoe te neem ...



tot die kaktusse in die tuin moes feestelik getooi wees ...
      'n Stoortjie in die veld was ook tydelike tuiste vir 'n kunsuitstalling. Die uitsig op Kompasberg was vir my die grootste kunswerk van die dag. Elke keer as ek die berg sien dink ek aan die 4 jaar wat my oupa Hans Smith daar geboer het (lank voor my geboorte).

        'n Venstertjie in 'n ongebruikte stoor verskaf die perfekte raam ...


                       

Sunday 15 July 2012

Sneeu in Slowenie

Ons land is tans in 'n greep van koue, vloed en sneeu gewikkel.  Passe met name in my kindertyd is gesluit; Lootsberg tussen Middelburg en Graaff-Reinet asook die Wapadsbergpas tussen Nieu-Bethesda en Cradock. 
     Op TV sien ek die sneeulandskap tussen Drie Susters en Richmond waar voertuie tot stilstand gedwing word en mense laat oornag op die pad.
     Dan onthou ek die eerste ontmoeting met sneeu. Dit was op die einste Loodsberg toe ek ongeveer 10 jaar oud was. Die enigste keer wat en sneeu op Middelburg gesien het - en 'n egte sneeuman gemaak het -  was die jaar na Matriek (1964)  toe ek by Volkskas (bank) gewerk het.
     My laaste ervaring van sneeu was in die lente van 2010 op berg Vogel in Slowenie. Die ervaring is hier onder in 'n montage saamgevat. 
     Die eerste keer egter wat ek Europese sneeu meegemaak het was aan die einde van November 1977. Nadat die Luxavia vlug in Luxembourg geland het is ons per bus na Amsterdam. Daar was sneeu tot op die noordgrens van Belgie. Daarna was daar talle winterervaringe van sneeu in die Noorde. Die koudste van daardie ervaringe was in Januarie 2001 by Suid-Afrikaanse vriende in Pickering, Noord-Yorkshire. Suid-Afrikaanse wintersklere was nikswerd teen die aanslag. Gelukkig was daar uitkoms in welsynswinkels want die Rand se knie het toe behoorlik geswik op die wereld se geldmark. (R19 vir 'n pond sterling)

Berg Vogel: op die Oostenrykse grens met Slowenie
        Ek en my reismaat Ursula Cloete was saam op die berg met Anna Smuts van Stellenbosch se toergroep. Die twee fotos regs bo herinner aan die knus restourant naby die kabelkarstasie op die berg waar ons die heerlikste sop ge-eet het. Die nagereg van appeltert en tuisgemaakte vla se smaak huiwer nog op my tong!

Wednesday 11 July 2012

Ritz hoef nie ver te wees nie

Nuwe plekkies maak daagliks hulle verskyning in ons stad en vanoggend se ontdekking saam met my oud-kollegas by NMMU het 'n verrassing ingehou.



Die skaap hou wag by die parkeerplekke 
 Brioche in Hoofweg, Walmer is 'n karaktervolle plekkie.



Cornelia en Zelma by die meelsakke vlak langs ons tafel
 
 Van kaneelbolletjies tot chiabata - alles vars en lekker ...
  Bubbles met die onweerstaanbare suurlemoentertjies
                                        
      Elmarie - organiseerder van ons "koppie-tee klub"
                                      

Sunday 8 July 2012

Fees op Grahamstad

Was lanklaas vir langer as 'n dag by die Kunstefees.
     Donderdagoggend is ek met 'n oornagtas en baie warm klere by die huis weg. Vriendin Christine opgelaai en 'n aangename tyd deurgebring. Drie teaterstukke Donderdag en kuns en mense Vrydag belewe..
     Dit was aangenaam om Donve Branch se uitstalling te besigtig. Ek het ongeveer 35 jaar gelede by haar klas geneem en deesdae is sy 'n nasionale naam.

   PE pottebakker, Donve Branch, se nuutste werk

        Daar was 'n paar Nederlandse produksies op die teater-skedule. Wacht!, 'n eenvrouvertoning met weinig woorde was verrassend, snaaks en vars. Met 'n bietjie naaktheid!


     Wacht! en sien wat alles in 'n kunsmuseum kan gebeur ...       
       Een van die interessanthede van die Kunstefees is al die lokale wat gebruik word vir uitstallings en happenings.  So stap ons toe by High Corner-gastehuis in om 'n klein uitstalling van geskilderde porseleinkoppies te sien en besef gou dit was die huis wat aan prof. Guy Butler, die baasbrein agter die oorspronklike fees-idee behoort het.


                                                Die sithoek in die ontbytkamer van High Corner


    Herwinning en die groen idee was ook verteenwoordig. Hierdie "bome" in hulle "potte" verfraai twee winkels in 'n steeg uit High Street.


                                           Voor Di Westcott se tweedehande klerewinkel
    
       Slaapplek en lekker bobotie was te kry by Charl en Lene Malan. 30 jaar gelede was
ons bure in die studentebuurt van die Birdstraat-kampus van UPE.  Nou is hulle drie kinders al die wye wereld in. En ek het my hart verloor op hulle gemmerkat met bo-dierlike kommunikasievaardighede  ...



      Bassie, die gemmerkat, het die beste plek voor die kaggelvuur gekry 


                 
     Wat is die kunstenaar se boodskap? 
                                             
     Twee teater entrepreneurs in High Street 
                                          



Wednesday 4 July 2012

Potloodmuseum in Engeland se Meredistrik

Tripadvisor stuur op gereelde basis 'n lys van 10 van die bestes te wereld. So hoor ek dan van die beste restaurante, spa-oorde, hotelle ens.
   Pas kry ek die 10 buitengewoonste museum in my e-posbus. En daar staan die Cumberland potloodmuseum ook. Eon was saam met my daar in 2007 op 'n tog noord van London wat ons deur die meredistrik na Skotland gelei het.
                                                                                                                                                                                                             
Om 'n jongman wat van tegniese goeters en die buitelug hou, in 'n museum aan te tref, is 'n moeilike taak.
   Dit was egter nie moeilik om hom hierheen te neem nie.    
   Tripadvisor se teks oor die museum in die dorpie Keswick lui soos volg:
       According to legend, a huge storm in the 1500s uprooted trees in Cumberland, and graphite was discovered. Shepherds used the graphite to mark their sheep, and thus began the area's pencil industry. 
  The Cumberland Pencil Museum takes visitors through the history of the pencil and pencil making. 
   The museum also houses the biggest pencil in the world; it's 26 feet and 984 pounds!

Links is die eerste afleweringwa van die Cumberland maatskappy wat steeds bekend is vir hulle Derwent potlode

Pisa se Torre Pendente

Waar word ek teruggevoer na die skewe Italiaanse toring by die lees van reisskrywer Peter Moore se boek Vroom with a View.
     Hy het 'n reis van Milaan na Rome op 'n 1961 Vespa 125cc bromponie aangepak wat hy op die Internet raakgeloop het. Daar leer ek ook soveel van die klein volksvoertuigie wat na die 2de Wereldoorlog die byna verslae Italianers vinnige en goedkoop wiele gegee het. Dit het alles in 1946 gebeur - my geboortejaar.
     In 1979 kom ek en Arie in Pisa aan in ons 400cc Citroentjie. Dit voel asof jy harsingskudding het as jy daar op die Campo deu Miracolo rondloop. Alles daar is skeef - die toring wat reeds in 1173 tot by die derde verdieping gebou is - natuurlik die meeste.
    Die sand en silt van 40 meter in daardie gebied was nie juis 'n ideale plek om 'n toring te bou nie.


    Honderd jaar later is daar probeer om die "leun" uit te stryk deur van die  piesang-metode gebruik te maak, maar elke jaar daarna het die toring nog 'n millimeter by sy leunende statuur gevoeg. 
                                                                  


     In 1990 word daar besluit om die terrein  verbode vir besoekers te maak.   Ingeneurs het kopgekrap en die toring met staalkabels geanker, 70 ton grond aan die leunkant uitgegrawe en  met moderne materiale opgevul.  
   Vanaf 2001 is besoekers weer welkom en die handel in klein marmer (Carrara nogal) torinkies as aandenkings, floreer.
   Een van die planne na 1990 was om die toring af te breek en 'n holografiese voorstelling van die toring daar op die terrein aan te bied. Maar wat sou dit beteken vir die handelaars wat aandenkings verkoop? Groot geraas is gemaak en die stadsvaders het geswig!
   Hoe bly is ek dat ons die toring in sy natuurlike "leun"staat kon sien... eintlik kon beleef.  
    Ook om daar - weg van die valkant - in ons karretjie te kon sit en  op ons kampstofie.water te kook  Rooibostee vir Arie en egte koffie vir my!
    Dis die lekker lewe...ons twee-perdekragmotortjie was ook ons slaapplek. Inderdaad Room with a View!