: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Wednesday 4 July 2012

Pisa se Torre Pendente

Waar word ek teruggevoer na die skewe Italiaanse toring by die lees van reisskrywer Peter Moore se boek Vroom with a View.
     Hy het 'n reis van Milaan na Rome op 'n 1961 Vespa 125cc bromponie aangepak wat hy op die Internet raakgeloop het. Daar leer ek ook soveel van die klein volksvoertuigie wat na die 2de Wereldoorlog die byna verslae Italianers vinnige en goedkoop wiele gegee het. Dit het alles in 1946 gebeur - my geboortejaar.
     In 1979 kom ek en Arie in Pisa aan in ons 400cc Citroentjie. Dit voel asof jy harsingskudding het as jy daar op die Campo deu Miracolo rondloop. Alles daar is skeef - die toring wat reeds in 1173 tot by die derde verdieping gebou is - natuurlik die meeste.
    Die sand en silt van 40 meter in daardie gebied was nie juis 'n ideale plek om 'n toring te bou nie.


    Honderd jaar later is daar probeer om die "leun" uit te stryk deur van die  piesang-metode gebruik te maak, maar elke jaar daarna het die toring nog 'n millimeter by sy leunende statuur gevoeg. 
                                                                  


     In 1990 word daar besluit om die terrein  verbode vir besoekers te maak.   Ingeneurs het kopgekrap en die toring met staalkabels geanker, 70 ton grond aan die leunkant uitgegrawe en  met moderne materiale opgevul.  
   Vanaf 2001 is besoekers weer welkom en die handel in klein marmer (Carrara nogal) torinkies as aandenkings, floreer.
   Een van die planne na 1990 was om die toring af te breek en 'n holografiese voorstelling van die toring daar op die terrein aan te bied. Maar wat sou dit beteken vir die handelaars wat aandenkings verkoop? Groot geraas is gemaak en die stadsvaders het geswig!
   Hoe bly is ek dat ons die toring in sy natuurlike "leun"staat kon sien... eintlik kon beleef.  
    Ook om daar - weg van die valkant - in ons karretjie te kon sit en  op ons kampstofie.water te kook  Rooibostee vir Arie en egte koffie vir my!
    Dis die lekker lewe...ons twee-perdekragmotortjie was ook ons slaapplek. Inderdaad Room with a View!


 

No comments:

Post a Comment