: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 18 March 2013

Op soek na Hugenote-wortels ..



Pierre Labuscaigne kom in 1711 met De Brug in Kaapstad aan.
    Hy is in diens van die VOC en is eintlik op pad Indie toe, maar moet mediese behandeling kry. So verpas die skip en plant sy wortels in Afrika. Anders was ek nou 'n donkeringe meisie in 'n baie oorbevolkte land met heilige koeie.
    Hy het sy vrou Marie Bacot en drie kinders in Enkhuizen agtergelaat. Hulle volg hom wel later. Omdat  hy in ongeveer 10 jaar in Nederland goed Hollands geleer praat het, word hy onderwyser vir sy landgenote wat sukkel met die taal.  Die regering se taalbeleid dui aan: Weg met Frans.
    Sekerlik met "uitgediende" tong, kry hy in 1723 grond in die Paarl. Presies 2 morg, 6 roede en 5 voet. Dit moet terugbetaal word - dis nie sommer pasella nie en daar is geen HOP-huis op!
     Hy noem die stukkie onder Paarlberg, Pontac(q). Historiese bronne is nie eens oor die oorsprong van die naam nie. Daar word verwys na 'n klein gebied in die Bordeaux-streek wat Pontac heet. 'n Ander bron se dit was die naam van sy mentor  (die ou wat hom leer klere maak het, want Pierre staan in die annale opgeteken as maistre tailleur wat in Enkhuizen in 'n lakenfabriek gewerk het totdat die onderneming sy deure moes sluit)
    Nadat sy gesin in die Kaap aangekom het, koop Pierre nog 10 morg grond (1933).  So woon, bou en boer die Labuscaignes, wat vandag hulle vanne op verskeie maniere spel, vir 94 jaar op Pontac.
    Deesdae is die knus Pontac Manor Hotel 'n bedrywige plek en 'n paar jaar gelede het die Labuscagne-bond 'n gedenksteen daar ingemessel..(Japie, die kelner, verwys daarna as die grafsteen)
     Op 'n warm Sondag vroeer die maand, neem ek my twee seuns daarheen. Ons word vriendelik ontvang en kry omtrent die vryheid van die plek. So ontmoet ons vir Japie, 'n kelner in die ontbytkamer. Ons wou daar eet, maar die webtuiste wat ek besoek het, is nie opgedateer nie, en tans is middagetes nie meer beskikbaar nie.
    Die Coachman het die voormalige skuur wat in 'n restourant omskep is, oorgeneem en bedien middagetes, maar die helfte van die Paarl se inwoners het reeds daar toegesak. Lafenis is darem in die vorm van 'n glas water in die kroegie beskikbaar...
 Pontac Manor

 
                                                 Ek en Japie in die ontbytkamer waar die pleister
                                                afgekap is om die oorspronklik stene te ontbloot
Die hoendernessies in die skuur - nou vorm dit die basis
 van 'n toonbank in die Coachman-restourant
                                         Die Pontac-personeel praat van die Labuscagne-koets
                                             - maar dit is inderwaarheid 'n kapkar / spaaider

    Op 'n herfsmiddag in 1979 het ek naby die kaai in Enkhuizen gestaan en oor die vaal, lustelose see uitgekyk in die rigting van die eiland Texel waar Pierre in 1711 weggevaar het.
     Ongeveer 300 jaar later gaan kyk ek waar hy in sy nuwe land gespit en gegraaf het, wingerdstokke geplant het en kos vir die huis... en sy moedertaal seker finaal verruil het vir die taal van die Kaap.
     
Eon, Lize Wiid saammet my by die gedenksteen.
(leser, draai jou kop na links)

Hemels op Stellenbosch

Vanjaar se Woordfees-tema was Hemels, en hoewel ek nie die godsdiensgesprekke bygewoon het nie, was soveel lesings en profiele vir my "hemels".
     In die Plataan-kafee (agter Sasol-kunsmuseum) is die tema ook uitgebeeld en net om laatmiddae daar te sit en die bewegings van die feesgangers dop te hou, was 'n ervaring en lafenis.  So ook die R30 melkskommel "rip-off" in 'n heuningbotteltjie ...


Monday 11 March 2013

Stellenbosch: altyd iets nuuts

By die afgelope Woordfees was daar 'n "simfonie" van lig, klank en kleur in Kerkstraat. 'n Innoverende groep mense wat hulself Zivaglo noem het 'n buitengewone produksie fees toe gebring. Net die lusmaker voor die lokaal het koppe laat draai. Dit het beslis eie kreatiwiteit 'n hupstoot gegee ...