: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 31 December 2012

Massas antieke langs die N2

Ongeveer 8km buite George, by die Kraaibosch-sirkel is daar 'n antiekwinkel wat enige liefhebber se reis na PE of Kaapstad met ongeveer 2 uur kan vertraag...
      Wat 'n vreugde om soveel kosbaarhede te mag aanskou. Maurits Lammers se winkel is vir my sinoniem met 'n privaat museum. Spesifiek dit waarvoor ek 'n spesiale belangstelling het: 'n porselein-museum...





Die winkel so is volgepak, die stoele hang aan die plafon om plek te maak vir klante om tussen die tafels en kaste te kan beweeg.


                                                                               

Thursday 13 December 2012

Boeke, koeke en kuns op George

Heerlike verposing op George weg van al die geharwar van die massas se Kers-inkope.
     Vanoggend by The Blue Forest boekwinkel ingestap. Wat 'n ervaring... van Afrikaans tot Africana en die eienaar, ene Wolfgang is beide hulpvaardig en vriendelik.



   Daarna heerlik by Meade ontspan... 'n koffiewinkel met atmosfeer. Daar was gebakte kaaskoek vir my en 'n croissant vir Rika. Keurig en smaaklik


Gister het ons dit op 'n eg Franse manier gedoen. Heerlik in die piepklein tuintjie voor die La Petite gekuier.


                                     Aarbeimousse vir my en 'n amandel croissant vir Rika
                                                          Rika by die broodtoonbank

                                                                               



   Om nie te praat van die keramiekateljee nie ...By Wonki-Ware kan jy ure deurbring.



Klante word ook toegelaat in die fabriek waar jy die proses van wiel of vorm kan sien tot by die glasuring en die laaste vuur in die oond.


Die Strydom-galery het gesorg vir 'n verkwikkende uitstappie ...




Besoek aan George se Botaniese Tuin

'n Magieselaatmiddag saam met Rika Malan en haar honde Pippa en Bonnie in die botaniese tuin ...

                                                    Eensame varkoor by die ingang ...







Weerkaatsing van berg in dam met Egiptiese gans

Weerkaatsing van oewerplantegroei met gans op dam





Wednesday 12 December 2012

Verjaardag en boeke in Somerstrand


Saterdag hou ons boekklub by Biffie Joubert se huis en ek vier sommer 'n stukkie van my 66ste verjaardag met voorgereg, Kaapse Vonkel ver-verby-raklewe en feesklere uit die welsynswinkel, saam met my gasvrou se verversings.
    Hoeveel lyf kan een rok klee?
                                                     
       Tinie wag vir die vonkelprop om te pop
                                                        Saam met Tinie Malan by Arjan se swaai
  
     Ek en Ina Randall

    Roline Norval - vriendin sedert 1981
                                                           
   Saam met Helena Kolbe
                                                 

Thursday 6 December 2012

Middag by die Dooie see

Gister kry ek 'n pot room met minerale uit die Dooie see as geskenk...
    Dadelik aan my ervaring in 2009 in Jordanie gedink. Ons klein toergroep het vanaf berg Nebo gery en binne 'n halfuur tot onder seevlak gedaal. Die aand sou ons by 'n deftige oord oornag en daar was twee uur vry om 'n dryf-ervaring te geniet... maar voor dit eers die moddersmeer-ritueel waar jou lyf dan met die minerale gevoed word en jou kwale soos mis voor die son verdwyn sou jy stap totdat die modder droog word aan jou lyf voordat jy dan in die water skoonkom.  (Die modder is maar taai en dit neem 'n paar keer se stort daarna om weer jouself te wees)
   Ek moes vir my niggie Martie wag om in ons hotelkamer in haar see-klere te klim en so arriveer ons toe later as ons toervriende by die waters.  Dit was 'n gulde fotogeleentheid  ...