: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Sunday 13 April 2014

Saterdag in Potsdam

Ek het gesien hoe hierdie sap uitgedruk word

                Na 'n rit met die S-Bahn deur die Grunewald en verby die Wannsee, was hierdie vars verkwikking in 'n klein sapkafee in die Hollandse buurt van Potsdam 'n ware verkwikking.Ek het een euro vir hierdie heerlike lemoensap betaal.
                                                           Boukuns in Hollandse buurt
 
    Hollandse ambagsmanne is in die tyd van die Pruisiese heersers ingevoer en daar is vir hulle voorsiening gemaak in 'n buurt wat spesiaal vir hulle aangele is. Vandag is dit 'n lewendige toeristegebied met kunsgalerye, 'n mark, boetieks en restourante. Hier is 'n klompie oomblikke in daardie buurt....

                                                                     





Dit is die poort tussen die Hollandse buurt en die hedendaagse woongebiede. 

Reklame vir kunsuitstalling op motordeur

Ek neem 'n tram en ry om te gaan kyk hoe die dorp verder lyk... Met die omdraai by die terminus kom ek op 'n artisties-geverfde elektriesiteit-substasie af. Ek moes dit vasvang...



'n Bus neem my na San Soucci en die paleisbuurt buite die dorp....Hierdie poskaarte illustreer iets van my uitstappie!


Die Universiteit van Potsdam is ook in die paleisbuurt gesetel.

Logo van restourant in een van die paleistuine

Berlynse verblyf: Wombats en The Circus

                                  My eerste verblyf in Berlyn... saam met 5 meisies in 'n slaapsaal. 
       Gerieflik en aangenaam. Louisiana Kid is die restourant langsaan waar ek elke oggend 'n 
                                                   uitgebreide ontbyt vir R60 kon geniet.
                                                 Blik op die televisietoring vanaf Wombats


                                                    Lentetoneel op straat vlakby Wombats
                                         The Gift Box om die eerste draai. Gee iets en neem iets...
                                                            oop op straat en onbeman!

      Na 8 dae verhuis ek na The Circus. Nie omdat Wombats nie aangenaam is nie, maar ek het die bespreking reeds vanuit SA gemaak en wou iets meer van hostellewe ervaar...Ek trek my wiele in Torstrasse af... Nogal 'n lang trek maar ek vat dit stadig oor die keistene.  Nou is ek regoor die Rosenthaler Platz U-bahn.

                                             The Circus is aan die agterkant van hierdie gebou ...
                                                 ook in die voormalige DDR soos Wombats


                                          Op die klein terras voor The Circus en  (onder)
                                                           die nar bokant die hysbak

Brandenburg Tor en omgewing

Stap van Museuminsel deur Unter den Linden na die Brandenburghek was nie vir my besonder: opwindend nie... dit is dit omdat ek so 'n romantiese voorstelling gehad het uit al die boeke wat ek daaroor gelees het.maar tog, om dit sonder die muur te sien het die metafoor van vryheid laat seevier.  Daar is soveel konstruksie aan die gang.  Die grootste daarvan sekerlik die U-bahn wat onder die straat gebou word.


Daarna het ek in die rigting van Potsdammer Platz gestap en probeer om die loop van die muur te volg.. verby die aandoenlike monument aan die vermoorde Jode. 
                Hierdie stuk muur is op Potsdammer Platz staangemaak as herinnering.Nou is dit 'n ideale foto geleentheid vir besoekers.  Onder: tulpe op ParizerPlatz vlakby die Tor.


Gasmaskers is oral te koop. Toeriste dink hulle kom uit WW2 of DDR tydperk.             Dit en ander memorabilia is meestal replikas. Ek is oortuig die Chinese maak dit. 

                Onder:  een van die vele Berlynse bere. Hierdie een is op die Unter den Linden

Chinese kunstenaar se omvangryke uitstalling

Liliom en Chrissie nooi my na die Martin Gropius Bau toe. Dit is n bekende kunsgslery waar Ai Weiwei uitststal.
Hy is beeldhouer, grafiese kunstenaar, fotograaf,  argitek ... maar bowenal politieke aktivis.
My 7-dag vervoerpas/Berlin Welcome Card kom handig te pas.  Nou kan ek direk op die U-bahn van Rosa Luxemburg na Potsdammerplatz
ry. Daarna is dit maklik om die asnwysings te volg. Dit is bitter koud en my gesig is rooi van die hooikoors. 

NS  21  maande na besoek bygevoeg..

soek gerus vir Weiwei op die internet. Hy beplan n enorme installasie
 met Lego in 2016

Eerste ontmoeting met Berlyn



Ja, ek is in die Europese Unie!

Na ontbyt die eerste oggend van Wombats na Alexanderplatz toe gestap.
 Lekker koue wind wat ore laat opstaan. Hier onder is die wereld tyd horlosie wat die Oos-Duitsers op Alexander Platz gebou het.



So met die stap af in Alte ScSchoenhauser Allee kom ek op hierdie rigtingwyser aan. Systraat afgestap vir geruime afstand maar kon egter nie die winkel vind nie. Dink dit is iets soos 'n Aprilgrap...Maar Waahnsin onder was 'n tydelike werklikheid met 'n winkelmeisie op die sypaadjie die reen..



   
Motorfietsmuseum se advertensiebord...

     Elektriese motor word op straat gelaai!

Tydens my eerste metrorit vanaf Rosa Luxumburg, sien ek hierdie advertensie vir Afrika-jive!


By poskaartstalletjie en (onder) boekhandelaar...