: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 22 September 2017

Wow in Woodstock

Op 2 September kry ek kans om Woodstock na vele jare te besoek.
    Emile, Jana en Ilan neem my eers na niggie Teana Wegner se groot antiek- en decorwinkel in Victoriaweg en daarna na die mark in die "Old Biscuit Mill".  'n Heerlike ervaring...







By die mark...





Daarna gaan kuier Ilan vir sy klein-niggie Chante Wegner by hulle nuwe (huur)huis in Rondebosch.



Wednesday 14 June 2017

Besoek aan Taalmonument

Mei 2017... Tydens my derde besoek aan die Prins van die Paarl was dit tyd om weer die Taalmonument te besoek...




Terugblik op Europese wittebrood van 1979

Hoewel ek verlede jaar ons uitgebreide reis beskryf het in my boekie SEWENTIG, is daar soveel om nog te vertel
      Een van die gebeure wat ek nooit sal vergeet nie is hoe Arie 'n Oompah orkes in die Loewenbrau-tent by die Oktoberfest gedirigeer het.  Dit was skreeusnaaks. Hendrik Kritzinger was saam met ons daar. Drie dae in die reen en modder!
     Tinie Malan was terselfdertyd in Europa en ons het 'n paar keer in Den Haag ontmoet... asook by die Bierfest in Munchen.
Arie op die podium
Ek en Tinie in Den Haag
Emi en Julio Marcellin in die kampeerterrein  buite Seville
Arie in die tuine van die Alambra
Saam met Joan en Carl Leonhardt en Louisa - Kingston-upon-Thames - Junie 1979
Papawervelde - Noordoos-spanje
Besig om potjiekos te maak  - Seville Mei 1979
Saam met oom Rinus en tante Rie Wegner, Den Haag 
Werk kollegas in die kweekhuise naby Naaldwijk/De Lier
Churros-chef in Cordoba, Spanje
Arie in die beeldetuin van die Kroller-Muller museum in Nederland

Friday 21 April 2017

Westelike provinsie voel soos buiteland

Reis is altyd opwindend..  
Pas terug van SB woordfees en tydjie by die Prins van die Paarl.

70 dae oud


Hulle is albei lammetjies. Onderste een op doek by uitstalling tydens die Woordfees

Een van die oudste eikebome op Stellenbosch
Onder:   Een van die Jongste "eikebome" in die Paarl

Monday 6 February 2017

Suid-Afrikaners in die Kaukasiese gebergtes

Vir die afgelope sewe jaar het  heelwat Suid-Afrikaners hulle in Georgie gevestig. Sommige as sakemanne, maar die meeste as boere.  Dit is geen maklike taak nie... eerstens die taalprobleem en dan die rompslomp en totale ander leefwyse.
    So maak ons kennis met die Kritzinger-egpaar, Koos en Erika. Koos is vriend Hendrik se kleinneef en oorspronklik uit die Langkloof.  Hy het 'n visplaas gekoop en kort na die transaksie al probleme opgetel met verskaffers van vislarwes wat hom in langdurige hofgedinge laat beland het.
     Erika gee taallesse. Sy is al  heel gekonfyt in die krulletjiesalfabet van  die plaaslike mense en het genoeg selfvertroue om haar spreek te spreek in 'n restourant, in 'n bus en op 'n mark.
     Net voor ons vertrek het ons saam met hulle in die nuut-ontwikkelde Aghmaskenebeli in Tbilisi gaan stap.

                                                           Kia saam met Erika en Koos
 
                                                                    Straatmusikant op Sondag!
                                                              Fasade pas gerestoureer!
                                                      Die land vry na EU-lidmaatskap
                                                       Die buurt is kreatief, bedrywig en gesellig!

                                             Van alles en nog wat in die straat



                    Neef Koos neem 'n ruskans op een van die moderne banke in die stapstraat

Wednesday 1 February 2017

'n Kykie in die Georgiane se verlede

Teen die einde van ons verblyf in Tblisi gaan ek en Kia met 'n taxi na die buitewyke van die stad om die Etnografiese museum te besoek.   Werklik 'n tog die verlede in wat habitat,k argitektuur en daaglikse roetine betref....
    Kyk saam...








                    Die kinderwiegie was vir my 'n ervaring.   Vir 'n seuntjie is daar 'n gaatjie in die matras gemaak met 'n piepiepypie wat in die dun-nek houer geplaas is.   Wonder hoe hulle die kindertjies so stil kon laat le het..?




Bron:  inyourpocket.com....
                    A huge outdoor museum sprawling over 50 hectares on the hill above Vake Park. It consists of over 70 buildings and more than 8000 implements and artefacts from traditional Georgian life. The museum is divided into ten zones, each depicting a different aspect of Georgian ethnology. The buildings have been brought from all over Georgia and painstakingly re-errected. There is a example of a guard tower form the Northern Svanetia and a Kachetian winery as well as houses and other buildings from Abkhazia, Ajara and other regions. Each building has its own relevant display of costumes, ceramics, tools and items from daily life. At the Kartli house, arrive before 16:00 and when you step inside, look up.... The museum also has great views over the city.