: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 31 October 2022

Visums beskikbaar na Covid

SawUiteindelik kry ek afspraak in die Kaap vir 25 Mei 2022 en dit verg retoerkaartjie Kaap toe en baie moed, tyd en frustrasie om leggervol dokumente gereed te kry vir visumaansoek by VFS.
    So bespreek ek met TAAG, kry Covid toets gedoen en vlieg met my koffer(tjie) JHB toe. Daar val planne deur die mat toe 23 uur vertraging aangekondig word. Krisis.
       Herbespreek laaste minuut op AirFrance.  Verhaal is te lank... en ek hoop ek onthou dit nog wanneer ek eendag hierdie inskrywing herbesoek...
       18 Junie... Uitgeput op Lissabon lughawe aangekoop en wag n uur vir my bagasie omdat die vervoer and breek. 
      Wonderlik om vir Emile en Ilan in die voorste ry te sien wag.  4 ure later is ons in Trancoso. 
Die titel van hierdie boek is die naam van die straat waar hulle woon.
Abatanado met warm melk en my rooi dagboek in die Trovadero. Pastel de Nata is my absolute gunsteling.
      En Vrydag se mark naby die Koninklike Poort.