: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 25 August 2023

Tyd om te vertrek...

22 Julie 2023


So vinnig is die ongeveer 7 weke verby!
     Emile het gevra wat ek graag wil doen voor ons Lissabon toe ry.
      My antwoord was om 'n Pastel de Nata te eet. Dit word toe waar met 'n uitstappie na Celerico de Beira maar eers teen die bult uit kasteel toe voor ons by kafeetafel kan aansit.
Die tertjie was lekker maar nie die gehalte van O Trovador in Trancoso nie. 

...en daar staan toe ' n Citroen voor die kafee.   Ons was 44 jaar gelede met ' n geel een in Portugal! 

Jammer dat ek die oumensdag gaan misloop. 

    Net na 1nm ry ons lughawe toe.   Ek en Ilan gesels aanmekaar en by 'n petrolstasie koop ons roomys.  
     Naby die lughawe besoek ons Cantino do Vintage. Groot retro en vintage winkel... ' n fees! 
 Tikmasjien soos die Olivetti wat ek in 1964 gekoop het. 


En daar staan my skoolfiets... 1958 tot 1963.