: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Wednesday 14 June 2017

Besoek aan Taalmonument

Mei 2017... Tydens my derde besoek aan die Prins van die Paarl was dit tyd om weer die Taalmonument te besoek...




Terugblik op Europese wittebrood van 1979

Hoewel ek verlede jaar ons uitgebreide reis beskryf het in my boekie SEWENTIG, is daar soveel om nog te vertel
      Een van die gebeure wat ek nooit sal vergeet nie is hoe Arie 'n Oompah orkes in die Loewenbrau-tent by die Oktoberfest gedirigeer het.  Dit was skreeusnaaks. Hendrik Kritzinger was saam met ons daar. Drie dae in die reen en modder!
     Tinie Malan was terselfdertyd in Europa en ons het 'n paar keer in Den Haag ontmoet... asook by die Bierfest in Munchen.
Arie op die podium
Ek en Tinie in Den Haag
Emi en Julio Marcellin in die kampeerterrein  buite Seville
Arie in die tuine van die Alambra
Saam met Joan en Carl Leonhardt en Louisa - Kingston-upon-Thames - Junie 1979
Papawervelde - Noordoos-spanje
Besig om potjiekos te maak  - Seville Mei 1979
Saam met oom Rinus en tante Rie Wegner, Den Haag 
Werk kollegas in die kweekhuise naby Naaldwijk/De Lier
Churros-chef in Cordoba, Spanje
Arie in die beeldetuin van die Kroller-Muller museum in Nederland