: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 27 July 2015

Vrywilliger in Jerusalem

In Mei het ek ge-heen-en-weer met El Al om by die Van der Walt's se Bedieningshuis te gaan kook, ens.
      Dit was my derde besoek aan Israel binne die bestek van 8 maande en mens sou dink daar is niks meer om op  rondritz van die Heilige Stad te se nie.  Maar elke keer kry die besoek en die impak vanervaring meer diepte.  Hierdie keer kon ek ook deur gaste se verhale, gebrokenheid en wroeginge te hoor, 'n verdere dimensie
daaraan heg.

Sitkamer in die bedieningshuis
Groep van Bellville geniet 'n kerriemaaltyd op die stoep
Amanda van der Walt
Daar is tot Mrs Ball's !

Brief  vir publikasie in Gereformeerde kerk se PLUIMSAAD: 

Geliefde gemeente

                             Gegroet uit Jerusalem op die 27ste dag van Ijar, in die jaar 5775 van die Bybelse kalender (16 Mei 2015).
                              Vir my huidige besoek aan Israel is ek nie 'n reisiger nie, maar wel vrywilliger by 'n Protestantse bedieningshuis (Prayer Vision for Israel ministry house) in die voorstad Malha. Dit is ongeveer 6km van die Ou Stad van Jerusalem gelee.
                            Ons ontvang klein groepe toeriste uit Suid-Afrika, Namibie, VSA, Kanada, Engeland asook af en toe individue uit Nederland.   Hier word kort toere  na plekke van Bybelse-relevansie vir die besoekers aangebied, waarvan die belangrikste die "In die voetspore van Jesus" roete is.  Die gastehuis bied plek vir maksimum 12 persone en die gaste kry daagliks twee maaltye.
                           Ek sorg hoofsaaklik vir maaltye, maar doen ook tuinwerk en het ook al twee koppe hare gesny.  Verder geniet ek die ekspedisies na die Rami Levy supermark waar produkte in Hebreeus geadverteer word en het gou geleer om die spesiale aanbiedinge te verstaan.
                      Israel is peperduur vir ' n SA koper. Ons Rand is byna 10 % flouer teen die NIS (Nuwe Israeli Shekel) as wat dit was tydens my besoek in November verlede jaar. Maar ek kla nie, voel net jammer vir die SA groepe wat graag geskenke vir vriende en familie tuis wil aankoop.
                       Ek het verlede week toergids vir 'n groep van 5 gaste gespeel op hulle "vry" dag toe hulle shekels wou spandeer. Dit was pret, maar uitputtend. Gelukkig is ek nou gekonfyt in die aanbod van onderskeie winkeliers asook bus- en tremroetes en in die aankoop en validering  (sub, vind asb afr vir Validating)  van reiskaartjies.
                       Ek was so bevoorreg om saam met ons vorige groep na Galilea te reis. Hoogtepunte daar was 'n besoek aan Nasaret, die  Berg van Saligsprekinge,  Capernaum,  Tiberias en 'n bootreis op die See van Galilea. Met die terugreis het ons ook 'n draai gemaak in Jericho, wat beskryf word as die oudste (deurentyd bewoonde) stad op aarde. (Hoewel Aleppo en Damaskus ook aanspraak maak daarop)
                 Jericho is in die Palestynse gebied en ons het voor sononder die gebied deur die grenspos verlaat en deur die Wildernis van Judea teruggekeer Jerusalem toe.
                     Toe ons gister van die groep afskeid neem, was dit asof ons familie groet.   Na baie bondels beddegoed was, mop en stofsuig, asook 'n supermark besoek,  is ons slaggereed vir die groep wat more teen middagete aankom.
                  Sien julle DV in die Bybelse maand van Sivan.