: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 28 September 2012

Nieu-Bethesda op sy beste

Elke keer wanneer ek die dorpie aan die voet van Kompasberg binnery, voel dit asof ek 'n droomwereld betree... stofstrate ten spyt.
   Verlede Vrydag moet ek remme slaan by De Toren. Die peerbome staan in bot. 'n Ligte windjie skud die bloeisels konfettistyl oor die grondpad en die nuwe groen lote van die wilgebome viool 'n simfonie.
       Ek laat die foto's praat ...
                                                                 Peerbloeisels
Wisteria
                                                           Parmantige huisie
Ou Shell pomp ... nou wil hulle hidrobreek!
By Heidi Boekkooi se huis
                                                        Oulike winkel-interieur
Kaasbord by die brouery

Fees perdekar met Nina Boekkooi heel regs
                        Binne voer die local A Flea in her Ear op en buite stoei die agies vir afloerplek

My gasvroue Reinet en Anja het hulle gastekamer tot my beskikking gestel. Ek en Mila, die Golden Retriever het goed oor die weg gekom. Sy het deur my bagasie gesnuffel asof ek 'n dwelm muil op O R Thambo is.

Reinet bou 'n blikhuis langs die sementdam
Karoo meermin hou wag oor stille waters

Thursday 13 September 2012

Twee wiele uit Korea

Drie maande voor my volgende verjaardag kry ek vroeg gisteroggend 'n verrassing soos min.
     Eon nooi my om saam met hom see toe te gaan en daar stap ek in die gang vas in 'n pragtige opvoubare fiets met blou modderskerms. Gou-gou vou hy die Korean op en ons maak van die Getz 'n karavaan en laai die nuwe aanwins in.
Twee rygoed uit Korea ontmoet ...

Wat 'n weelde om langs die see te kan ry...

     Eon ry via Brickmakerskloof Somerstrand toe en ek ontmoet hom by die klub van die lewensredders (?). Dit is 'n perfekte oggend by die Pier in PE ... en die wandel- en fietspaaie langs die see word my oefenbaan.
Mensig, maar dit is lekker. Van opgewondenheid voel my hele lyf  soos 'n "Jellybaby".

So lyk my nuwe Korean.

     Terug by die huis, kon ek my nuwe nuwe wiele self uithaal en aanmekaarknip. Daar is 'n paar geheimenisse wat ek nog moet leer van die outjie...

    Ek het laas ernstig fiets gery in 2005 in Nederland tussen die dorpies suid van Amsterdam langs die Ryn. Toe was Arie aan my sy want het jy al 'n damesfiets gery met 'n "backpedal" vir remme?
                                                 Ontmoeting met 'n Hollandse fiets
                                                         Langs die Ryn naby Muiden

                                            Emile ontmoet my aan die einde van die trippie.
                                      Ek en Arie se slaapkamer is die venster  in die solder



Wednesday 12 September 2012

Hoogtepunt van Boekeweek

Die Departement van Kuns en Kultuur het vir my sooo 'n groot guns bewys. Alles gratis daarby.
    Nasionale Boekeweek is Saterdag in New Brighton se Rooi Lokasie-museum afgesluit met sielsgoed.
Eers ontmoet ek en vriendinne Tinie, Roline en Helena vir Deon Meyer, die "guru" van Suid-Afrikaanse misdaad skrywers in persoon. Meer spesifiek ons ry saam in Tinie se motor en vra lekker uit.
    Dan woon ons sy aanbieding vir boekklubs by en kry insae in sy boektoere en buitelandse promosies. My asem het weggeslaan toe ek hoor van hy internasionaal 23 agente het.  Dink aan al die admin en dan wonder 'n mens  hoe hy dit regkry om vanaf ongeveer 5 uur in die oggend te skryf tot kort voor middagete.
                                                             Deon aan die woord ...

                                Deon is 'n goeie luisteraar ... en so ook Karlien en Roline


Deon saam met 'n personeellid van die Walmer-biblioteek
                                   
                               Deon in die voorportaal van die nuwe New Brighton-biblioteek

    By die verskyning van sy eerste roman - oftewel memoir - Shirley, Goodness and Mercy, was ek beindruk met Chris van Wyk en Saterdag het ek die voorreg gehad om sy werksessie vir kreatief skryf by te woon.  Eintlik was dit meer 'n vertelliing oor eie werk en hoe hy begin skryf het.
     Sommer met die instap in die lokaal gebruik ek die geleentheid om vir hom te se dat ek 'n "fan" is want ek het soveel herinneringe van my tyd in Kleurlingonderwys tydens hoogapartyd wat parallel loop met sy lewe.
     Later gaan ek saam met Roline om sy nuutste werk aan te koop en daarna om hom op te spoor sodat hy haar boek kan tekeeier
   Groot was my verbasing toe hy die Afrikaanse vertaling van die werk Daar's 'n Hoender wat 'n Eier nie kan le nie, uithaal, teken en vir my gee.  Heeltemal pasella!

                                      Saam met Chris en die boek wat Roline gekoop het
                                         'n Vrywilliger oftewel boekwurm, gesels met Deon