: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Saturday 25 August 2012

Middag in die ou pastorie

Na 15 jaar op Tarkastad pak kunstenaar Marie-Louise op om Kaapstad toe te verhuis.
    Sy is 'n gaarder/versamelaar soos ek en het ongeveer 3 maande om besittings en opgaargoed in die pragtige Viktoriaanse pastorie in die hoofstraat te krimp vir inpas in 'n stadshuisie.
 
                                       Marie-Louise (regs) en haar suster Gerda in die voordeur
                                                                   van die pastorie

                                       Een van Marie-Louise se groot doeke bokant die kaggel

                 

Monday 20 August 2012

Kombuis met AGA-stoof in Tarkastad

Vertroostend om op 'n koue wintersaand die behaaglike warmte van 'n AGA te ervaar. Saam met goeie geselskap en 'n lekker aandete-in-wording is dit 'n wenresep.
   So gebeur dit toe verlede week in die Drostdy in Meurantstraat op Tarkastad saam met Jo en Georgie Els.
Terwyl die gasvrou 'n bobotie, koring en soetpatats voorberei en Jo die slaai maak, lees ek Mariska Spoormaker se artikel van November 2011 voor. Volgens haar is Tarka 'n spookdorp met mense.
   Sit ek toe so lekker saam met 2 van die spoke en ek lees ook die manlike spook se gedigte voor en dit is asof Coco (Chanel!) die Labrador - lekker op haar kombers langs die stoof - dit ook verstaan.
                                                  Die hart van die huis in die winter
 
       Hier was ek so tuis soos 'n vis in die diepte van die oseaan. Blikke, porselein, emalje en al die dinge wat  in my Baaise kombuis woon...
                                                    ... en wat ek uit my Karoo-kinderdae onthou.

Koedoewors op mooi porselein - Georgie se welkomhappie vir my

Die landdros se woning op Tarkastad
                                      ... langs die Anglikaanse kerk en oorkant die Polisiestasie!

Thursday 16 August 2012

Kuier by Smurfies

Op Tarkastad is daar 'n kleuterskool waar kindertjies liefde, aandag en stimulasie kry.
    Dinsdagoggend kon ek iets meemaak van Georgie Els se uitreik na die kleintjies van die dorp en omgewing.
    Daar is drie groepies en twee assistente help haar om die Astros, Smarties en Jellytots te onderrig. Die tema was "vuur" of "fire" en die klein skooltjie was behoorlik aan die brand soos die outjies hulle F-woordeskat geoefen het.
                                                Georgie besig met demonstreer van n kunsaktiwiteit ...om die kleintjies se gerasperde krytstukkies met 'n outydse yster te "smelt" om vlamme voor te stel.
  Daarna kom herwinde rooibostee vasgeplak onder die vlamme om houtjies voor ste stel.
  Wanneer sy hulle woordeskat toets is daar geen keer aan hulle nie. Die F- woorde stroom uit die mondjies; Fat, Father, Fireman, Flu, Feather en dies meer.
  Met so'n basis het hierdie kinders 'n voorsprong wanneer hulle grootskool toe gaan.
  Lekker om 'n positiewe plek te besoek te midde van 'n dorp wat swaartrek aan werkloosheid en winkeliers wat uit die vreemde kom...






     

Monday 6 August 2012

Gouda sinoniem met stroopwafels


Die Nederlandse stad Gouda (provinsie Suid-Holland)  is nie alleen bekend vir soetmelkkaas nie!

    Die St Janskerk is ook 'n onvergeetlike ervaring.  Dit is die langste kerk in Nederland en elke keer wanneer ek hier in my land/stad in 'n Goudse stroopwafel byt, loop my kop terug na 'n besoek aan Gouda om sy mooi kerk te sien asook aan ons Donderdae-aande in Den Haag wanneer ek en Arie die antiek- en kosmark op die Noordende-plein besoek het. Dit was een van die hoogtepunte van ons werkweek in die somer van 1979 toe ons daar as 'tuin-arbeiders" gewerk het.
    

                                                             Binne die St Janskerk, Gouda



                                      So'n Stroopwafelstalletjie vind 'n toeris deesdae in alle 
                                                    groot Nederlandse stede en dorpe
   

   'n Wafelyster met resep en Delftse-blikkie vir die wafels het hulle plek in my tas teruggevind. Ek en my vriendin Elda het eens in die vorige eeu 'n baksel gemaak maar dit is arbeidsintensief. Deesdae koop en dit by Continental slaghuis en wanneer daar voorraad is, by Edel Bakkery. 

Info van die web:

De ambachtelijke stroopwafel, of siroopwafel, is al begin negentiende eeuw ontstaan. Waarschijnlijk was Gerard Kamphuisen, die al in 1810 zijn zaak opende, de uitvinder van de ambachtelijke Goudse stroopwafel. In een van de oudste teruggevonden recepten, uit 1840, staat dat de wafels gebakken werden van deegresten en kruimels uit de bakkerij en gevuld werden met stroop.  Omdat de wafels erg goedkoop waren werden ze ook wel 'armenkoeken' genoemd.

In de negentiende eeuw waren er ongeveer honderd ambachtelijke stroopwafelbakkers in Gouda. Tot ongeveer 1870 bleven de "Goudse Stroopwafels" een exclusief Gouds produkt, later werden de wafels ook op markten en feesten binnen en buiten de regio gebakken. Hierdoor verkreeg de stroopwafel nationale bekendheid. Rond 1960 waren er  nog 17 stroopwafelfabrieken in de stad. Gouda Original heeft voor u nog steeds de echte ambachtelijke Goudse Roomboter Siroopwafel, gebakken volgens een meer dan honderd jaar oud recept.
"de Echte Goudse Siroopwafel, ongevenaarde traditie sinds 1880"

Eiffel-hoender herinner aan Parys

Bietjie meer as 100 jaar nadat die Eiffel-toring in Parys verrys het, besoek ek en Kia die wereldbekende landmerk. Dit is April 1995 en ons was so bevoorreg om 'n uitspanplekkie by Guenaelle Pavec te kry. Sy en 'n paar Franse jongmense het in Augustus die vorige jaar 'n nag by ons oorgebly.
       Die lughawebus ry ons op 'n lente-Saterdagmiddag van Charles de Gaulle af na 'n terminus in die stad. Wel bewus van ons begroting besluit ons om na Guenaelle se woonstel toe te stap al neem dit ook ure want 'n busskedule op 'n paal en 'n aktiewe dogtertjie is nie pasmaats nie.  Kaart in die hand en koffer met onwillige wiele sypaadjie ons in die rigting van Gustave Eiffel se staaltoring.
      Onderstaande foto kry ek pas van vriende Jo en Georgie van Tarkastad wat laasmaand in Parys was.
So kom die herinnering van Guenaelle, 'n Engelse onderwyseres, se hoendergereg weer aan die bod.


              Op my drie besoeke aan Parys was 'n stappie op die Champ de Mars 'n moet

     Toe ons uitendelik, moeg en mateloos taaldeurmekaar by ons gasvrou se apartement in die Ave de la Bourdanais aankom, is sy rustig besig om aandete te berei want sy gaan uit. Daar in haar piepklein kombuis - met uitsig op die punt van die toring - het sy hoenderborsfilette gebraai en eenkant gesit. In die pan sidder daar opgesnyde streepspek en gesnipperde pruimedante. Ek skrik eers vir die kombinasie, maar sy roer ongeveer 100 ml vars room deur en plaas die hoenderborsies terug in die pan. Voila, roep sy uit, dit is julle aandete saam met mengelslaai en vars baguette.
     Kia het daardie gereg so gekyk en laat weet dat sy 'n gebraaide hoender soek. Terwyl Guenaelle regmaak vir haar afspraak het ek en Kia in die buurt gaan stap en gelukkig 'n "poulet ferme" gevind by 'n klein braaiwinkeltje. Ook 'n paar aarbeie wat die markvrou uitgesoek het en talle groenes bygesit omdat ons toeriste is.
      Tuis, met Guenaele weg, het ek twee porsies van die gereg ge-eet en dit summier Eiffel-hoender gedoop. So bestaan dit steeds 17 jaar later ... en die resep het elke keer sy weg gevind na 'n gas wat dit aan ons tafel ge-eet het.
      My kind se "ferme" hoender het ek uit Guenaelle se aanskoue in die yskas gehou en dit was die volgende dag se padkos na die Louvre en Tuilleries-tuine.

Wednesday 1 August 2012

Akropolis in Julie-hitte

Gister 'n  verjaardagete bygewoon in PE se "beste" Griekse restourant Mykanos in Walmer.
    My heel eerste oorsese trip was in Julie 1977 met  SAL na Rome en vandaar met Alitalia  na Athene. Die hitte was versengend en ek was alleen met my tekkies, stadskaart en rugsak.
    Alles was verstommend anders: van die alfabet tot die verkeer, maar Akropolis toe moes ek.

                                   Die Parthenon: my eerste kennismaking met 'n Griekse tempel   

Soms het ek duiselig gevoel daar tussen die klippe en geskiedenis en gister het ek dit herleef toe ek die restourant binnestap en die groot kitch afbeelding van die mees bekendste Griekse tempel sien. Volgens die eienaar (op die foto) het hy dit ge-erf by sy Griekse vriend wat die Big Time-restourant in St Francisbaai bedryf het.

  'n Coke-Akropolis! Al iets leliker gesien?
   Gelukkig was die man se varktjops met aartappelskywe en tsatsiki meer aanvaarbaar. Die nagereg was ook lekker.                                            
    Baklava in phyllodeeg gerol - met Italiaanse roomys nogal!
         En daar kry ons toe die Griekse koffie op die huis! My vriendinne vermoed dat dit my sjarme was wat die eienaar omgetoor het. Die waarheid is dat dit my kennis is van alles-Grieks!    (Ek het die man vertel dat ek op die eiland Kreta geleer het hoe om die koffie in 'n briki te maak).

Griekse koffie, gemaak in 'n koper-briki en halfsoet bedien
                                
 Meer oor die argeologiese oorblyfsels:

       The entrance to the Acropolis was a monumental gateway called the Propylaea. To the south of the entrance is the tiny Temple of Athena Nike. At the centre of the Acropolis is the Parthenon or Temple of Athena Parthenos (Athena the Virgin). East of the entrance and north of the Parthenon is the temple known as the Erechtheum. South of the platform that forms the top of the Acropolis there are also the remains of an outdoor theatre called Theatre of Dionysus. A few hundred metres away, there is the now partially reconstructedTheatre of Herodes Atticus.
       All the valuable ancient artifacts are situated in the Acropolis Museum, which resides on the southern slope of the same rock, 280 metres from the Parthenon.                                                                         (bron: Wiki)