: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Saturday 22 October 2016

Jose Carreras in Berlyn

'n Vinnige besoek aan Duitsland na onvergeetlike reis in Georgie en Armenie bring my op 12 Oktober na die Berliner Philharmoniker.  Twee jaar gelede was ek siek en mislik in die Duitse hoofstad en het 'n konsert in die befaamde huis misgeloop.
    Sedertdien kry ek die BP se elektroniese nuusbriewe en geniet die uittreksels uit konserte en ontdek 'n stuk van die groter musiekwereld.  So beplan ek om Carreras op sy vaarweltoer in
Berlyn te sien. Daar is 'n heffing op internetbesprekings, dus het ek dit in my kop om 'n uur voor die konsert  maar in die kaartjiestou te gaan staan.
    Dit is bitterkoud op die dag in Berlyn en Kia is siek in die bed by ons vriende Chrissi en Liliom se apartement in Kreuzberg.  Maar ek het 'n missie. Eintlik twee, want die Gedenkmal fur Ermorde Juden naby die Brandenberg Tor is ook op my lys.
    So stap ek alleen in die koue in die grootstad. Om liggaamshitte binne te hou trek ek my rooi plastiekwelsynsbaadjie oor al my klere aan.  Ek lyk soos 'n goedkoop polonie in 'n plastiekomhulsel, maar ek is gedermineerd om my missie te voltooi.


                        Jose en die Russiese sopraan Venera Gimadieva


        Die volgende dag skryf ek op die bus op pad na Dresden:   Berliner philharmoniker 
                                                                                            12 okt 7nm   

      Die glasdeure na die ruim foyer is nog gesluit. Langsaan by die "Performers entrance" is daar aktiwteit.  Die lede van die Praagse simfomieorkes arriveer en 'n klompie mense wag vir die tenoor se aankoms. 

       Ek kon haar nie miskyk toe sy aankom om saam met die groepie kaartjieloses by die toe glasdeure te wag nie.   Lang regop vrou.  Goudkleurige gewilte jas, swart broek en hoed. Stil elegansie. Haar wandelstok se luiperdpatrone slim gekordineer op n groot, maar elegante,drasak.
      Ons begin 'n gesprek in Engels.  Sy is kaartjieloos want die gedagte aan Jose Carreras in Beryn het eintlik eers vanmiddag inslag gevind. Sy het die 3 Tenore tweekeer in haar leeftyd in die opelugteater in Verona gesien.  Nou is Pavarotti net as en sy hoor nooit meer van optredes van Placido Domingo nie. Hy is in elk geval nou 'n bariton.
      Nou dag sy dis n plan om ooggetuie van Carreras se afskeid van die wereldverhoog te wees.  Self  gepensioneerd na lang diens by die Deutsche Postbank wil sy hom in sy gryse ouderdom meemaak.  Ek mompel dat hy net vyf dae ouer as ek is, maar sy steur haar nie daaraan nie.
    Die vrou sit haar mooi groot sak neer. "IT IS HEAVY"  se sy.  Sommer n koolkop,
preie en wortels gekoop vir more se sop op pad na die bushalte.  Sy wys na die bult in die sak en lag.  Grimering foutloos. Gitswart hare krul onder die mooi silwerswart hoed uit.  Ek is ook gehoed, My welsynsaankoop van lank gelede by Wagtails. R10 en ek kan dit opvou en in my rugsak hou vir slegte-haredae. Maar vandag is dit nodig teen die ysige wind.

   Gisela woon 20 minute per bus van die Philharmoniker af.   Sy is verbaas om te hoor ek is 'n Suid Afrikaner.  Jare gelede het sy 'n Duitse vriend wat in Kaapstad werk. gehad. Herr Doktor Nagel. Hy wou 'n ernstige verhouding he.   Sy nie.  Weduwee met twee kinders.  Nee, sy lag met n tikkie wrangheid.   Nou le hy in n begrafplaas in Dresden.   "My grossmutter is also there."
       Die gesprek draai na die kaartjies.  Ek soek die goedkoopste sitplek.  Gee nie om of ek die verhoog sien nie, deel ek haar mee.  Wil net die ambience geniet en hom kan hoor.  Sy stem effentjies saam, maar se ek het ver gekom.   Belangrik dat ek die tenoor  sien.
Met die gaan die deure oop en begin die kaartjieloses optrek na die Kasse. "Ek hou vir u plek,"  se ek. want sy moet haar wandelstok in rat kry en die inkopesak nog ophys.
    Groot kennisgewing by die kasse: Geen staanplek vanaand. Geen sitplekle in die koorafdeling nie. Net drie klasse kaartjies nog beskikbaar.  Die een wat ek beplan het om te koop het nog n syfer 1 by. En nogal aan  die voorkant.
   
      Ek huiwer en wys na die kennisgewing.  " You came all the way to Berlin for this concert. You cannot turn back."   Kaartmasjien? vra ek de kassiere.    Nee, alleenlik kontant. Ek skud my beursie  nonchalant uit asof ek elke dag 120 Euro vir 'n konsert betaal.
       "Which ticket are you buying?"   vra ek aan haar.  
       Nee, ek gaan huistoe, hoor ek uit die groentesak.  Dis die koolkop wat praat. En dan beweeg haar lippe.   "Here is my visiting card. Phone me when you are in Berlin  next time." Sy draai vinnig om en stap saam met die kierie weg.     
                         Gisela Bernhardt  
  haar naam staan pertinent op 'n donkerblou agtergrond.   

    Die volgende dag, middagetetyd, ry ek Dresden toe met die Flixbus en dink aan haar:
     Gisela, ek glo jou sop smaak lekker. Sekerlik speel jy 'n CD van Carreras terwyl jy die kool in jou middagsop met jou tande kneus.


Van my sitplek af geneem...

http://josepcarreras-tenor.blogspot.co.za/2016/10/josep-carreras-german-tour-berlin-12.html