: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Tuesday 27 June 2023

Sao Bento, Porto

17 Junie 2023
      Een van my wense was om hier in die stasiegebou wat meer as 100 jaar gelede opgerig is, te staan en na die 22 000 handgeverfde teels te kyk.
      So kom dit op die Sondag waar!
Foto: FB
   Toeriste het die plek volgestaan, die gedruis van stemme was priemend en ek het duiselig gevoel maar soos die menigte ook fotos geneem.


Daarna die buurt verken en spesifiek die wandelstraat wat Gang van die Blomme genoem word. 
Kunstenaars staluit en musikante bring klanke voort. 

Die huisloses hou hulle staan- en rus plekke netjies... 
Winkelvol van olaaslik vervaardige klere en skoene. 




Monday 26 June 2023

Middeleeuse fees in Trancoso

23 - 25 Junie 2023
Groot voorbereidings reeds vanaf 22ste. Vlae verskyn eerste. 

Dan kom die dansers, swaardvegters, falke, 'n hofnar, orkeste, om maar 'n paar te noem. 
... en allerhande kosstalletjies.
Hitte erg en beste tyd is na 18:00 wanneer temperatuur afneem. (gister, 25ste was dit 33. Teen 19:00 darem 31 grade. 
     Ons het na die afsluiting gaan kyk. Perdesport! Middeleeuse uitrustings!
      
Ben stel ook belang... Tot dat dinge te erg raak vir hom en hy huistoe geneem moes word. 
En die Pous seen ons almal! (met vloei stof uit sy heupfles). 


Saturday 10 June 2023

Dia de Portugal 10 Junie 2023

Terug in Trancoso vir 'n bietjie somer maar sedert aankoms op 31 Mei is dit koud en reenerig!
     Vandag (10 Junie) is my half jaar verjaardag en n mooi dag met maksimum 21.
   Dit is Dia da Portugal en' n vakansiedag.
    Die nasionale vieringe word in Peso da RĂ©gua gehou. 
Tot Google se "doodle" is Portugees vandag!