: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 25 November 2013

Turkye storie van lank gelede wen trofee


Toe vat ek die full package is 'n storie wat in 2009 "gebeur" het, maar eers in 2010 geskryf is (Die Burger). 
     Onlangs het ek 'n paar reisverhale ingeskryf vir SKOP se jaarlikse skryfkompetisie (kategorie: Prosa). Vrydagaand ontvang ek toe 'n blinkgevryfde trofee daarvoor....
                                                                                                                                                         

My liewe kinders aan die suidpunt van Afrika....

                                                Ek skryf vir julle die brief uit Kappadocië in Turkye. 

Hierdie streek word ook die land van die mooi perde genoem. Miskien vir julle bekend saam met die provinsies Galasië en Pamfilië in die Klein-Asië van julle katkisasietyd.  Ook nie baie ver wes van berg Ararat waar Noag na die vloed voet aan wal gesit het nie..Die Tigris en Eufraat-riviere is ook in die omtrek.

Dis hier in Kappadocië waar vroeë Christene kerke gekerf het uit die tufa van millennia gelede se vulkaniese geroggel van berg Erciyes en berg Hasan. En dis hier waar busvragte toeriste kom kyk na die surrealistiese omgekeerde roomyskeël-landskap en oorblyfsels van die Bisantynse tydperk. Toeriste staan daagliks net na dagbreek tou om in ‘n lugballon te klim en oor die buitengewone landskap te sweef.

En my liewe kinders, julle wat daar in die suide al die winter aan julle lywe voel, sal nie glo watse onnoembare hitte julle ma hier in die laat lente getref het toe sy vir die full package betaal het nie.    So met die ry deur Kappadocië, dit is ‘n streek van ongeveer 90 x 60 kilometer,
beveel ons Turkse gids, Halit, aan dat diegene wat ‘n Turkse bad wil troef
dit in die Dedeman Hotel, ons oornagstaanplek in Nevsehir, hoofdorp van die streek, kan doen.
Julle ken my as ‘n vrou wat inligting weeg en oorweeg, maar sedert ek twee dae gelede ‘n groeptoermens geword het, is dit so lekker dat andere die las van logistiek op hulle neem, dat julle ma nou vakansie hou en op bevel net In en Uit op die luukse bus of by ‘n besienswaardigheid of by ‘n oorstaning vir die nag.

   Halit se verduideliking van die bad se full package gaan my dus so’n bietjie verby want ek sein die televisie van my verbeelding in en verlusting my aan die voorstellings van die Turkse bad wat ek van die Eyewitness Guide en ander reisgidse onthou. Sonder om dus die dienstekaart by die ontvangstoonbank aan te vra staan ek gou saam met vier ander voornemende Suid-Afrikaanse badders  in die tou vir bespreek en betaal.
   Die 64 Turkse lire maak ‘n noemenswaardige duik in my begroting, maar ek troos my dat dit ‘n onvergeetlike ervaring gaan wees.  Die prys is ongeveer R330. Nogal grootgeld vir ‘n bad, hoewel hierdie een tradisioneel is en “not to be missed”, volgens die hotelreklame.
Afdaal na vloer H
So kom dit toe dat ek en ‘n VLV- vrou van Calvinia om 20:00 vanaand op vloer H (onder grondvlak) ingeboek het. Beide met die heerlike Turkse buffet goed merkbaar in en aan ons lywe, ontklee ons tot op bikinivlak en kry elk ‘n paar plastiek Pep Stores plakkies en ‘n geruite Turkse katoenhanddoek – ‘n tradisionele pestemal. My handdoek moes sedert vervaardiging erg gekrimp het, of so voel dit vir my toe ek die omvang van my lyf daarmee wou toemaak..
    Die eerste stasie is ‘n sauna. Ek is onkant gevang. Die gidsboeke vertel van die 18de eeuse hamams wat ‘n “hotroom” het maar hierdie vrekwarm Finse uitvindsel laat my net daar in my Pep-voetspore vries. “Ten minutes” sê Ohmaa, die Balinese badsersant vir ons en my badmaat uit die Hantam spring in daardie helse hitte in asof sy dit elke dag doen.
    Tien sekondes agter daardie deur, my liewe kinders, toe maak dit vir my sin dat ons op vlak H is.  Ek dag ek is in die voorhalle van die hel, soos burgemeester Genis daai tyd toe PG du Plessis se Korporasiestories gesinsvermaak op televisie was. Julle onthou mos hoe Genis gaan wynproe het in die Kaap en te ordentlik was om die proesels uit te spoeg. Die arme man het toe so in sy wynwaansin in ‘n sauna beland en die water waarna hy so naarstigtelik gevra het, het elke keer op die klippe beland. Wees egter verseker, julle ma was deur hierdie ervaring in totale nugterheid.
Die vuurherd se venster
Iets moet Ohmaa met my doen want ek staan daar soos Lot se vrou en kyk hoe my gedissiplineerde badmaat deur daai vuurherd se venster vraend na my kyk. (Sy sê later die ding se koorspen het 84 grade gewys, maar haar slagter-hartlam, ‘n man wat kos en karkasse ken, sê mens kan al ‘n maaltyd op daai temperatuur voorberei.)
     Toe stop Ohmaa my in die stoomkamer waar my porieë kastig sal oopgaan. “Ten minutes” is die instruksie weer. Ek hou 20 sekondes uit terwyl die vergete vulkane van Kappadocië hulle nat koorsigheid en hittige mistigheid oor my stuur. Baie gedagtes en vrae het deur my kop geloop: Sal ek ongeskaad hier uitkom?  Of sal ek volgens die fynskrif op my reispolis horisontaal terug Suid-Afrika toe?
     Ohmaa se raad met my raak op. “My liewe Balinese badsersant, my porieë is al vir 62 jaar toe. Ek is hitte-intolerant en ek wil nou net op die gidsboek se lou-warm marmer-maagklip lê en met jou skuurpapier kese-lap en olyfseep geskrop word en die res van my “full package” vat met dien verstande dat dit al die pad onder 30 grade is,” sê ek in duidelike en baie stadige Engels.
     'Helderheid oorval daardie eilandgesiggie en sy lei my onder haar klein linkervlerkie weg na die plek van die groot skrop en beduie dat ek moet sit en kyk hoe twee volnaakte Duitse tantes bewerk word.

Draad-loos in die bad se binnekamer
Draad-loos wieg die twee Baie Groot Europese liggame onder die skuurpapier bewegings en beelde van winterse varkslag en driebeenpotte oor knettervure in die Karoo vul my gedagtes in die Turkse badkamer op vlak H van die Dedeman Hotel.
   Ons beurt het gekom. Ek en my Hantam-toermaat is geskuur en ingeseep en ons Afrikastof is afgeskilfer. En dit was lekker. Die lekkerste toe die badsersant ‘n groot kaasdoek, soos uit my kindertyd, in ‘n oulike emmertjie doop. Dit dan soos ‘n sirkus-artieste deur die lug swaai en tot ons verbasing wonderskuimbolle oor ons rooigeskuurde lywe loslaat.  Nie een keer nie, maar drie keer.
    Ons het soos paddaprinsesse gelyk, met bolle sperm van oraloor op ons uitgestort. Die afspoel was net so lekker. Ohmaa gebruik die mooiste plat koper-kommetjies water, vlytig-vinnig gemeng en geskep uit warm en koue krane tegelyk sodat die temperatuurwisseling jou verkwik en regmaak vir die volgende stap: ‘n lekker pommelende massering met olie… Maar helaas masseer sy net my rugkant. Het ek die “fool’s package” gevat, wonder ek?
     Teen die tyd is ek en Ohmaa dik pêlle en sy vertel my hoe sy na haar familie doer ver verlang. Tyd vir ‘n lekker appeltee in die camekan, oftewel portaal, soos die gidsboeke andui wag op my, dink ek. Maar die manlike bestuurder met sy skootrekenaar en oorvol asbak groet my dikbek daar.  Van die teebelofte kom niks.   
Beautipul woman
Die vreemdeling badsersant stap saam na waar my mooi Hantam-vriendin voor die spieël staan en in Afrikaans kla oor haar geruïneerde hairdos. “En dit in ‘n baie sterre-hotel!”  Nuuskierig wil Ohmaa weet wat aan die gang is en ek vertaal dat die “beautiful woman” ontevrede is met die stand van haar kapsel. 
                  “No, she no worry, she very, very beautipul.” (stet: beautipul is reg!)
    En so verlaat ons die hamam. Die hittestryder uit die binne-Karoo en haar “beautipul” Hantam-badmaat. Duur skoongeskrop en baie dors.
     So groet ek julle hier uit my kamer in Kappadocië, my liewe drie kinders. Ek is dankbaar dat ek oorleef het om die hittige storie met julle te kan deel. Glo my, ek is ook wyser as voor die woeste warmte.

Julle ma

Wednesday 16 October 2013

Skaliegasnagmerrie vir die Karoo

Soveel word geskryf, bespreek en gepraat oor gasontginning.
    Die mense van Niew-Bethesda sit hulle voet neer...





Winkel sonder personeel op Nieu-Bethesda

Die konsep van "honesty shop" is algemeen Engeland, maar ek het nooit kon dink dat dit moontlik is in Suid-Afrika nie.
Stoepwinkel op Nieu-Bethesda

     Reinet le Roux, byeboer en vervaardiger van produkte uit heuning en byewas, het onlangs begin met 'n onbemande stoepwinkel by haar huis. Sy het onthou hoedat 'n welsynsbus met klere en goedere naby Picadilly Circus in London  geparkeer was en die personeel terug na hulle poste is.
     Ek het 'n aand by Reinet oorgestaan en in haar "blikhuis' gebly waar haar produkte vervaardig word.


Die troetelhond hou wag oor alles

My bagasie voor die blikhuis waar ek een koue nag geslaap het en nou bietjie verstaan hoe 
dit voel om in 'n shack te bly

Land sonder spietkops en motorwagte


Kistian Martin en Jonalisa Rasmussen



My gasvrou nooi my saam na haar hoofstad. Dit is ongeveer 70 minute per motor. Sy
gaan haar niggie se begrafnis bywoon en ek kan die plek dan vir 'n paar ure verken.  

       Sy verlaat haar poorte ongegrendel. Op die stoep staan patiostoele, 'n trapfiets met
peuterstoeltjie agterop, die grassnyer en ‘n  paar items uit die kleinkinders se
speelgoedkas. Ek bied aan om dit in te neem en toe te sluit. Maar dit is nie nodig nie. 
Alles sal hier wees wanneer ons  terugkom, verseker sy my.

     Daar is geen verkeersligte in haar dorp nie. Die strate is almal geteer en sy verstaan
nie die woord “slaggat” nie. Ons is gou op die grootpad waar die spoedgrens 80 km per
uur is. Nou gaan ons deur die nuwe ondersee-tonnel ry. Dit is pas ingewy, vertel sy. Dit
is ses kilometer lank en 250 m. onder seevlak op die diepste punt. Voorheen moes hulle
vir ‘n boot wag om hulle na die volgende eiland te neem. Dan moes ‘n reis na die
hoofstad deeglik beplan wees want daar was net elke twee uur ‘n boot en tussen 20:00
en 06:00 geen seeverkeer nie.

       Maar waar is die tolhek of  betaalpunt, wil ek weet. In my land streep die motors
lang toue voor ‘n tolhek en skree die Gautengers tans blou moord oor die voorgestelde
e-toll fooie.

   Hier in die noord-Atlantiese oseaan geskied die betaling vir tolpaaie op verskeie
maniere. My gasvrou betaal vooruit. ‘n Kamera in die tonnel sal die nommerplaat  van
die voertuig afneem en ‘n rekening aan die motoris stuur as daar nie voorafbetaling was
nie. Toeriste betaal by die vulstasies aan weerskante van die toltonnel. As ‘n
voorafbetaler se krediet begin opraak, sal ‘n geel lig in die tonnel hierdie motoris
herinner dat daar weer tolgeld betaal moet word.

      Volgens my gidsboek is die maksimum  spoed in dorpsgebiede op die eilandgroep
van 16 bewoonde eilande 50 km of soms 60 km per uur. By die ingang na ‘n klein
dorpie merk ek dat  ‘n elektroniese bord die syfer 59 flits. Reg geraai, sê sy. Dit is die
spoed wat ek gery het.  Daar is egter nie ‘n boete nie. Sou sy meer as 10 km per uur te
vinnig gery het, sou daar gou-gou ‘n boetebrief in die posbus voor haar huis afgelewer
word.. As sy die spoedgrens met 30 km per uur oorskry het, sou haar rybewys
onmiddellik opgehef word.  Eers na ‘n jaar sou sy weer kon aansoek doen vir ‘n
rybewys en met die leerlingtoets begin.

       Dit is opmerklik dat daar weinig minibusse op die pad is en hulle is meestal vir
toeriste en die vervoer van goedere. Ek sien ook nie  eintlik motors wat meer as 10 jaar
oud is nie. Niemand gebruik ‘n toeter nie.  Enige verkeerspolisie?  Nee, ons sien hulle
net in ander lande, sê my gasvrou.

    Skape wei teen die steil berghange tussen die bottergeel veldblomme.  Daar is
dubbeld soveel  skape as mense in hierdie land... ‘n vet raps oor die 90 000.  Party
waag dit oor die teerpad om groen weivelde aan die anderkant te soek. Plantgroei is
skraps want die eilandgroep bestaan uit vulkaniese rots.

       “Is daar motorongelukke?” vra ek. Weinig, vertel sy.  Nou en dan ry iemand ‘n
skaap  dood. Dan word die polisie betrek en die skuldige moet die eienaar in kontant vir
die dooie dier vergoed.  In my gidsboek vind ek die polisie se  skaapnommer.

      Die padoppervlak is glad soos bababoudjies en die verkeerstrepe oral vars geverf.
Hier en daar flits ‘n waterval blink by ons verby. “Water is gratis in my land. Geen haan
 kraai daarna op die munisipaliteit se  diensterekening nie,” vertel sy.

      Ons stop by ‘n moderne vulstasie wat heeltemal verlate voorkom. Sy klim uit, neem
die pompslang en maak vol met 95. ‘n  Kredietkaartmasjien kry die geur van haar geld.
Sy sleutel die pompnommer in en  klim in die motor met betaalstrokie in die hand.

      Ons kom op die beplande tyd in die  hoofstad aan. Daar was geen padverleggings
of verkeersopeenhopings nie.   Daar is nie genoeg parkeerplek in die stadsentrum nie,
verneem ek. My gasvrou ry na die hawegebied toe. Dis naby die kerk waar sy die
begrafnis gaan bywoon. Sy parkeer op die groot netjiese terrein. Ek sien geen
parkeermeters, betaalhokkie of valhek nie. Boonop ook nie ‘n enklele  motorwag nie.

       Ons spreek ‘n tyd af om mekaar weer by die motor te ontmoet..Sy sluit nie die
voertuig nie. Ek kan enige tyd terugkom as ek moeg is van stadsverkenning. Die motor
sal oop wees as ek vir haar moet wag.  Onmoontlik! Ek bied aan om op ‘n bankie  langs
die kleinboothawe te wag.  Nooit as te nimmer! Jy is my gas, sê sy en lag. Ons stap
weg. Haar reënjas lê op die motor se agtersitplek.

    Sy ontmoet ‘n vriendin by die voetgangeroorgang en handig my aan haar sorg oor. 
By die toerismekantoor word ek georiënteer en stap verder alleen die stad in sonder om
my reishandsak vas te klem.  Die son skyn in die stadskern. Voetgangerverkeer kry
voorrang. Nuwe ma's stoot babavraggies in moderne waens. Ek sien stootwaentjies op
sypaadjies voor winkels – met babas in van ma’s wat gou by ‘n winkel ingeglip het.

    Die verkeer spin verby soos ‘n tevrede kat. Ek sien geen verkeerspersoneel nie. Op
die afgespreekte tyd soek ek die  motor in die haweparkeergebied. Ek maak die deur
oop. Die radio en CD-speler is daar. Die jas ook

     Droom of versinning?  Nee, dit is alles waar. Ek was vir ‘n oggend in een van die
kleinste hoofstede in die wêreld: Torshavn op die Faroe-eilande. Die stad se totale
inwonertal is15 000. Die hoofstad se plek op die planeet is 62 grade N, 7 grade W.

     My reis saam met Jonalisa Rasmussen was van Klaksvik, die grootste dorp op
Bordoy, een van die vyf noordelike eilande, na Torshavn, setel van die Faroe-
eilandse se parlement, op die eiland  Eysturoy.

    Die Faroes het selfregering onder die Deense kroon en is halfpad tussen Noorweë en
Ysland geleë. Die amptelike taal is Deens, maar hulle huistaal is ‘n ou Noorse dialek.
Deesdae praat die jongmense Engels wat vanaf graad 8 op skool verpligtend is.

   Op hierdie eiland-argipel waar 47 000 mense woon is die werkloosheidsyfer 2.2%. Die
visbedryf genereer 95% van die eiland se inkomste. Die Rasmussen-gesin vang
pelargiese vis op groot skaal. Hulle fabriekskip, die Christian I Grotinum, wat 800 ton vis
per geleentheid kan inbring, vaar meestal in die omgewing van Ysland waar hulle
vangkwotas het en die drie seuns almal gekwalifiseerde skippers is.

     ‘n Vriendskap wat in 1990 in Port Elizabeth begin het toe ek ‘n vrywilliger vir die
Maatskappy vir Europese Imjmigrasie was, het my 16 jaar later hierdie uitnodiging
besorg. Ek was in die hoogsomer daar en dit was net vir drie uur per 24-uur siklus effe
donker oftewel ‘twilight’. Dan maak die eilandbewoners die beste van die ligure hoewel
dit nooit baie warm word nie omdat die wind ongenaakbaar waai. Hulle kuier maklik tot
na middernag bymekaar en is baie gasvry.

   Op die aardbol is die Faroes net ‘n paar stippeltjies. Vir my is die landjie ‘n groot
helder lig van herinnering.
                                                        ervaring:: Junie 2006 








Ontmoeting met Vincent van Gogh in Kiraly utca

    Die reisende uitstalling My Dream van Vincent was aan die gang in Budapest en dit was my eerste kultuurstop na my aankoms op 5 September 2013.

Di e galery waar die uitstalling gehou is, was met sonneblomme getooi


verskeie visies van die bekende sonneblomme met moderne tegnologie verkry

Foto van 'n jong Vincent by die ingang tot die uitstalling
In die reklamebiljet ...
Twee aartappeleters...

                                          Starry night...  

                                           ...   besoekers kon aan die skildery op 'n raakskerm werk

Thursday 10 October 2013

Die lewe in 'n Hongaarse hostelkamer



Aan die begin van September besluit ek om gebruik te maak van my geldige Schengen-visum en terug te gaan Budapest toe.
    Ek bespreek 11 nagte in Wombats, die hostel wat ek en Kia in die lente vanjaar as "die paleis" beskryf het. Die ontvangs is hartlik want ek ken heelwat van die ontvangspersoneel en 'n "bottom bed" in 'n 4-bed vroulike slaapkamer word aan my toegeken.
    My missie is om die stad se argitektuur en straatlewe baie, baie stadig te verken .. soos 'n flaneur van ouds.
Intrek en uitpak... vliegtuigkos en toepaslike boek in kamer 322

Wanneer jy 'n kamer met jong reisigers deel, word dit 'n integrale deel van jou daaglikse bestaan - asook jou nagrus. Hierdie tyd in Wombats was ook 'n reis... een in 'n ander akkoord.

Met my intrek was daar bagasie wat oral rondgestaan het en my kamermaats nerens te bespeur nie. Ook nie toe ek na 'n verkwikkende stort gaan slaap het nie. om 02.00 die volgende oggend het daar drie raseringe meisies my met Spaans/Engels wakker gemaak....

Dit het egter twee dae geneem voordat ek hulle gesigte gesien het en hulle formeel ontmoet het.Alba en Claudia was Spaanse studente wat met die Erasmus Mundus beurs van Madrid af in Budapest is vir verdere studie. Kirsty, die Amerikaner, is kundig oor die midde-Oosterse politiek en werk op 'n kibbutz inaby Eilat in Israel. So raak ons toe bevriend, maar ons bio-ritmes is pole van mekaar af. Hulle slaap laat en wanneer ek klaar ontbyt ge-et het, le hulle nog boude in die lug op hulle beddens. Laatmiddag wanneer ons almal na 'n hewige ervaring-sessie rus, is dit geselstyd. Dan hoor ek alles van nuwe vriende tot verskillende kampusse. Gou word ek Alba se stilis, want sy trek met elke uitgaan ander klere aan. Claudia is die meer praktiese een... sy soek 'n apartement sodat hulle kan vestig en begin studeer. Kirsty stel belang in boeke en skrywers en ons ruil inligting uit. 


Claudia afgeneem uit my slaaphoekie


Wanner Kirsty vertrek kry ons 'n Vietnamese kamermaat vir 'n paar nagure. Die Spanjare kan nie glo die kind reis sonder 'n koffer nie. "She came only with a handbag and hat," het Alba herhaardelik gese.  Toe trek daar twee Oostenrykse meisies vir 'n nag in. Daarna kom 2 Finne vroegoggend inboek nadat hulle vlug om 01:00 geland het. So kom en gaan die meisies en sien ek die nuutste modes wanneer hulle vir die klub-toeganery opdress. Klubs is groot in Budapest waar ou geboue gebruik word om die "pubs" op te stel. Dit staan bekend as ruin pubs.
Alba se laaste Wombats-ontbyt
Dan is dit 'n byna-trane afskeid wanneer Alba en Claudia na hulle apartement verhuis. Ons voel soos familie. Toe kry ek vir Angela van Taiwan wat in London grafiese ontwerp studeer. Sy is die kleinste mense en maak skaars 'n knoppie in haar bed. Niks was uit plek nie en haar pienk koffertjie altyd netjies langs haar bed. Een keer het sy hierdie hempie op haar bed laat le ...

Sophie van Australie het een oggend met 'n groot verkoue ingestap... groot, luid en baie vriendelik.Ons het dadelik gekliek... maar daardie eerste nag toe le sy soos 'n gstrande walvis op haar bed en snork soos 'n stoomtrein.  Die volgende aand was ek reg met 'n slaappil.

Die Spanjaarde wou my weer sien en het my genooi om na hulle apartement te kom kyk en saam met hulle te eet. Teen daardie tyd het my linkerknie erg begin seer word en my pynpille min, maar ek het na hulle adres aan die ander punt van Kiraly utca gegaan. Te voet en met die moltrein tot by Oktogon. Claudia en Alba was besig om tortilla te maak... 'n gereg wat ek in 1979 by Emmie in Bilbao leer maak het.
Claudia neem 'n foto van die tortilla om vir ma te stuur.


Om middernag was ek terug in die hostel ... al die pad te voet. Die volgende oggend is ek naar van die pyn maar ons nuwe Amerikaanse kamermaats het pille. 

Afskeid van Wombats was nogal emosioneel. Ek kry 'n wasgoedsak as momento. Vroeer het ek 'n nag se gratis verblyf asook 6 ontbyte gekry. Om presies 10:00 boek ek uit,sit my koffer in die bagasiekamer en vat die pad vir oulaas stad toe met my rugsak...

Monday 1 July 2013

Skatkamer in Budapest ontdek









Skaars by die metrostasie Corvin-negyed uitgekom, dan sien jy hierdie ryk-versierde groen koepel van die Museum vir Toegepaste Kuns wat in die laaste dekades van die 19de eeu tot stand gekom het.


                             Die pen en ink-stel waarmee Keiser Frans Josef die dokument geteken het om die
                                              bou en inrig van die uitstaande museum tot stand te bring.
                                             Detail van balustrade langs trappe na die ingang
                                                  Mosaiek op sypaadjie voor die museum





                            Van die mooi poskaarte in diemuseumwinkel is huistoe gepos ...

Bron:  I love Budapest

The Museum of Applied Arts (Iparművészeti Múzeum) is housed in one of the most representative Hungarian Art Nouveau buildings. Traditional Hungarian design elements merged with Islamic and Hindu motifs along with some Western European Art Noveau influence characterize the building. The museum, designed by architect Ödön Lechner and built between 1893 and 1896, is richly decorated with terracotta tiles made by the famous Zsolnay factory.
The Museum of Applied Arts in Budapest was established in 1872 and it opened as the world's third applied arts museum. The rich permanent collection includes Hungarian folk ceramics, medieval goldsmith works from the Esterházy-treasury, French furniture, Ottoman carpets, Baroque gold ware, Tiffany glass and Zsolnay ceramics. Temporary exhibitions range from 16th century costumes to contemporary design items.

Thursday 27 June 2013

Ervaring van tekstielbombardering in Venesie

Dit het begin as "yarn bombing" en dit is 'n manier om grafitti hoofsaaklik met wol te beoefen.
   Ons probeer toe 'n ander variasie op 18 Mei in Venesie net nadat ons die son sien opkom het en wel met sommidge van die kledingstukkie wat ons opgedra het op die 4-dag "a-MA-zing race" of oorbodig gepak het... en verwys daarna as tekstielbomme.

                                                   Kia se wit hempie hang vredig langs 'n ingang na 'n wooneenheid.

     Vir die leser wat totaal dronkgeslaan is, of dink die skrywer het 'n kopskuif in die verkeerde rigting gemaak, help die volgende inligting van Wikipedia:
                                                                           Yarn bombingyarn bombingyarn stormingguerrilla knittingurban knitting or graffiti knitting is a type of graffiti or street artthat employs colourful displays of knitted or crocheted yarn or fibre rather than paint or chalk.            While yarn installations – called yarn bombs or yarnstorms – may last for years, they are considered non-permanent, and, unlike other forms of graffiti, can be easily removed if necessary. Nonetheless, the practice is still technically illegal in some jurisdictions, though it is not often prosecuted vigorously.
   While other forms of graffiti may be expressivedecorativeterritorialsocio-political commentaryadvertising or vandalism, yarn bombing was initially almost exclusively about reclaiming and personalizing sterile or cold public places. It has since developed with groups graffiti knitting and crocheting worldwide, each with their own agendas and public graffiti knitting projects being run.
    Yarn bombing examples have been recorded as early as May 2004 in Den Helder, Netherlands. One year later in the U.S., Texas knitters used their leftover and unfinished knitting projects, but it has since spread worldwide with custom pieces being created by artists.
 The start of this movement has been attributed to Magda Sayeg, 37, from Houston, who says she first got the idea in 2005 when she covered the door handle of her boutique with a custom-made cozy. Though artist Shanon Schollian was knitting stump cozies in 2002 for clear cuts in Oregon The Knit Knot Tree by the Jafagirls in Yellow Springs, Ohio gained international attention in 2008.

                                   Kia met haar sakkie klere by my tekstielbom. Ons was deeglik
             bewus dat ons 'n boete sou kry as ons klere aan die fasades langs die Grande Canal
                                  vasmaak. Hierdie bom is ongeveer 3 meter van die waterkant af.

                              Ek hoop my broek-uit-die Baai het 'n poskantoor-amptenaar laat glimlag
                                                      Kia se sokkies op die put se deksel


                                                T-hemp en broek vrolik op eeue-oue plaveisel
                                                Dit is hier waar die hond vir ons geknor het





Jacqueline Spieweg het haarself ge-"yarnbomb" by verlede jaar se karnaval in Venesie.

Monday 24 June 2013

Oudste metro op Europese vasteland

Op die laaste oggend in Budapest het ons nog 'n tydjie gehad om by die metro-museum in te loer.
     Die eerste lyn - nou bekend as die geel roete - is reeds in die 19de eeu gebou en sommer vlakby ons
hostel in die 5de distrik.
                                               Skaalmodel. Kyk hoe vlak het die spoor geloop.

                             In 1896 was my ouma Gertruida nog nie eers twee jaar oud nie en het
                                           haar ouers nog met perdekar en donkiewa gery.



                                  Die teelwerk is steeds te sien in die roete wat onder Andrassy-straat loop

Die mooiste kafee in die wereld ...

Dit is hoe die New York Cafe* in die 7de distrik van Budapest beskryf word deur die Italiaanse eienaars!
Budapest se kafees (of koffiehuise) is van wereldstandaard en daar is 'n paar wat in die oortreffende trap beskryf word soos onder andere die Gerbaud, maar New York kom elke keer bo! Omdat ons begrotingsbeplanning net een van hierdie top-kafees kon insluit, het ons die New York gekies.
     Vir die geleentheid het ek my rooi satynbloes (vergete al by welsynswinkel gekoop) en Turkse syserp aangetrek (saam met Barrington-jeans waarmee ek in Zagreb geval het), twee paar handskoene saamgeneem en ken-omhoog-en-maag-ingetrek daar ingestap. Gewag om deur 'n uitgevatte kelner na 'n tafel-vir-twee begelei te word.
     Twee dae gelede het my kredietkaartstaat my weer die hele uur-in-weelde laat herleef: 'n yskoffie en aarbeimelkskommer @ R185.00. Alles die moeite werd want dit is soos 'n museum waar jy kon sit en terugdink aan die skrywers en filosowe wat aan die begin van die 20ste eeu daar vergader het.








www.budapest-tourist-guide.com
Coffee culture was thriving in Budapest from around the early 1910's until the beginning of the 1930's. In this era the around 500 cafés were scattered around the city.
They served as common meeting places of talented writers, poets and artists. Some of them spent most of the day in their favourite place, musing or writing at their regular tables.
Ink and paper were free for them and they could eat the "writer's menu" (bread, cheese and cold cuts) at discount price. Besides artists ordinary people also popped in for a cup a coffee on Sunday afternoons.
Historic Budapest Coffee Houses were a home to vivid cultural life. If you'd wanted to know the latest news and gossip in town you would just have to sit in one of these grand cafés.
Most of the classic Budapest coffee houses were destroyed during the world wars. The communist regime did not do good to them either. The leaders of the communist party considered the cafés as a center of underground organizations, so to put an end to any conspiracy they closed the most popular historic coffee houses in Budapest.
In recent years many once-grand cafés have been restored to their original splendour and try to revive coffee culture.

*  webtuiste van boscolo hotel:
The New York Life Insurance Company assigned architect Alajos Hauszmann, to plan the company's hall building in Budapest. Hauszmann, with Flóris Korb and Kálmán Giergl planned a four story eclectic palace, with a café on its ground floor. The building and the café opened on October 23, 1894. The statues and other ornaments on the front side of the building, as well as the ground floor café's 16 imposing devilish fauns, each one beside the café's sixteen windows, are the works of Károly Senyey.
The building was nationalized during the communist era. After the collapse of socialism, the palace was bought by Italian Boscolo Hotels in February 2001. The building was totally renovated, and reopened on May 5, 2006 as a 107 room luxury hotel, with the Café, also totally renovated, on its ground floor.