: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Showing posts with label Budapest. Show all posts
Showing posts with label Budapest. Show all posts

Wednesday, 16 October 2013

Ontmoeting met Vincent van Gogh in Kiraly utca

    Die reisende uitstalling My Dream van Vincent was aan die gang in Budapest en dit was my eerste kultuurstop na my aankoms op 5 September 2013.

Di e galery waar die uitstalling gehou is, was met sonneblomme getooi


verskeie visies van die bekende sonneblomme met moderne tegnologie verkry

Foto van 'n jong Vincent by die ingang tot die uitstalling
In die reklamebiljet ...
Twee aartappeleters...

                                          Starry night...  

                                           ...   besoekers kon aan die skildery op 'n raakskerm werk

Thursday, 10 October 2013

Die lewe in 'n Hongaarse hostelkamer



Aan die begin van September besluit ek om gebruik te maak van my geldige Schengen-visum en terug te gaan Budapest toe.
    Ek bespreek 11 nagte in Wombats, die hostel wat ek en Kia in die lente vanjaar as "die paleis" beskryf het. Die ontvangs is hartlik want ek ken heelwat van die ontvangspersoneel en 'n "bottom bed" in 'n 4-bed vroulike slaapkamer word aan my toegeken.
    My missie is om die stad se argitektuur en straatlewe baie, baie stadig te verken .. soos 'n flaneur van ouds.
Intrek en uitpak... vliegtuigkos en toepaslike boek in kamer 322

Wanneer jy 'n kamer met jong reisigers deel, word dit 'n integrale deel van jou daaglikse bestaan - asook jou nagrus. Hierdie tyd in Wombats was ook 'n reis... een in 'n ander akkoord.

Met my intrek was daar bagasie wat oral rondgestaan het en my kamermaats nerens te bespeur nie. Ook nie toe ek na 'n verkwikkende stort gaan slaap het nie. om 02.00 die volgende oggend het daar drie raseringe meisies my met Spaans/Engels wakker gemaak....

Dit het egter twee dae geneem voordat ek hulle gesigte gesien het en hulle formeel ontmoet het.Alba en Claudia was Spaanse studente wat met die Erasmus Mundus beurs van Madrid af in Budapest is vir verdere studie. Kirsty, die Amerikaner, is kundig oor die midde-Oosterse politiek en werk op 'n kibbutz inaby Eilat in Israel. So raak ons toe bevriend, maar ons bio-ritmes is pole van mekaar af. Hulle slaap laat en wanneer ek klaar ontbyt ge-et het, le hulle nog boude in die lug op hulle beddens. Laatmiddag wanneer ons almal na 'n hewige ervaring-sessie rus, is dit geselstyd. Dan hoor ek alles van nuwe vriende tot verskillende kampusse. Gou word ek Alba se stilis, want sy trek met elke uitgaan ander klere aan. Claudia is die meer praktiese een... sy soek 'n apartement sodat hulle kan vestig en begin studeer. Kirsty stel belang in boeke en skrywers en ons ruil inligting uit. 


Claudia afgeneem uit my slaaphoekie


Wanner Kirsty vertrek kry ons 'n Vietnamese kamermaat vir 'n paar nagure. Die Spanjare kan nie glo die kind reis sonder 'n koffer nie. "She came only with a handbag and hat," het Alba herhaardelik gese.  Toe trek daar twee Oostenrykse meisies vir 'n nag in. Daarna kom 2 Finne vroegoggend inboek nadat hulle vlug om 01:00 geland het. So kom en gaan die meisies en sien ek die nuutste modes wanneer hulle vir die klub-toeganery opdress. Klubs is groot in Budapest waar ou geboue gebruik word om die "pubs" op te stel. Dit staan bekend as ruin pubs.
Alba se laaste Wombats-ontbyt
Dan is dit 'n byna-trane afskeid wanneer Alba en Claudia na hulle apartement verhuis. Ons voel soos familie. Toe kry ek vir Angela van Taiwan wat in London grafiese ontwerp studeer. Sy is die kleinste mense en maak skaars 'n knoppie in haar bed. Niks was uit plek nie en haar pienk koffertjie altyd netjies langs haar bed. Een keer het sy hierdie hempie op haar bed laat le ...

Sophie van Australie het een oggend met 'n groot verkoue ingestap... groot, luid en baie vriendelik.Ons het dadelik gekliek... maar daardie eerste nag toe le sy soos 'n gstrande walvis op haar bed en snork soos 'n stoomtrein.  Die volgende aand was ek reg met 'n slaappil.

Die Spanjaarde wou my weer sien en het my genooi om na hulle apartement te kom kyk en saam met hulle te eet. Teen daardie tyd het my linkerknie erg begin seer word en my pynpille min, maar ek het na hulle adres aan die ander punt van Kiraly utca gegaan. Te voet en met die moltrein tot by Oktogon. Claudia en Alba was besig om tortilla te maak... 'n gereg wat ek in 1979 by Emmie in Bilbao leer maak het.
Claudia neem 'n foto van die tortilla om vir ma te stuur.


Om middernag was ek terug in die hostel ... al die pad te voet. Die volgende oggend is ek naar van die pyn maar ons nuwe Amerikaanse kamermaats het pille. 

Afskeid van Wombats was nogal emosioneel. Ek kry 'n wasgoedsak as momento. Vroeer het ek 'n nag se gratis verblyf asook 6 ontbyte gekry. Om presies 10:00 boek ek uit,sit my koffer in die bagasiekamer en vat die pad vir oulaas stad toe met my rugsak...

Monday, 24 June 2013

Oudste metro op Europese vasteland

Op die laaste oggend in Budapest het ons nog 'n tydjie gehad om by die metro-museum in te loer.
     Die eerste lyn - nou bekend as die geel roete - is reeds in die 19de eeu gebou en sommer vlakby ons
hostel in die 5de distrik.
                                               Skaalmodel. Kyk hoe vlak het die spoor geloop.

                             In 1896 was my ouma Gertruida nog nie eers twee jaar oud nie en het
                                           haar ouers nog met perdekar en donkiewa gery.



                                  Die teelwerk is steeds te sien in die roete wat onder Andrassy-straat loop

Die mooiste kafee in die wereld ...

Dit is hoe die New York Cafe* in die 7de distrik van Budapest beskryf word deur die Italiaanse eienaars!
Budapest se kafees (of koffiehuise) is van wereldstandaard en daar is 'n paar wat in die oortreffende trap beskryf word soos onder andere die Gerbaud, maar New York kom elke keer bo! Omdat ons begrotingsbeplanning net een van hierdie top-kafees kon insluit, het ons die New York gekies.
     Vir die geleentheid het ek my rooi satynbloes (vergete al by welsynswinkel gekoop) en Turkse syserp aangetrek (saam met Barrington-jeans waarmee ek in Zagreb geval het), twee paar handskoene saamgeneem en ken-omhoog-en-maag-ingetrek daar ingestap. Gewag om deur 'n uitgevatte kelner na 'n tafel-vir-twee begelei te word.
     Twee dae gelede het my kredietkaartstaat my weer die hele uur-in-weelde laat herleef: 'n yskoffie en aarbeimelkskommer @ R185.00. Alles die moeite werd want dit is soos 'n museum waar jy kon sit en terugdink aan die skrywers en filosowe wat aan die begin van die 20ste eeu daar vergader het.








www.budapest-tourist-guide.com
Coffee culture was thriving in Budapest from around the early 1910's until the beginning of the 1930's. In this era the around 500 cafés were scattered around the city.
They served as common meeting places of talented writers, poets and artists. Some of them spent most of the day in their favourite place, musing or writing at their regular tables.
Ink and paper were free for them and they could eat the "writer's menu" (bread, cheese and cold cuts) at discount price. Besides artists ordinary people also popped in for a cup a coffee on Sunday afternoons.
Historic Budapest Coffee Houses were a home to vivid cultural life. If you'd wanted to know the latest news and gossip in town you would just have to sit in one of these grand cafés.
Most of the classic Budapest coffee houses were destroyed during the world wars. The communist regime did not do good to them either. The leaders of the communist party considered the cafés as a center of underground organizations, so to put an end to any conspiracy they closed the most popular historic coffee houses in Budapest.
In recent years many once-grand cafés have been restored to their original splendour and try to revive coffee culture.

*  webtuiste van boscolo hotel:
The New York Life Insurance Company assigned architect Alajos Hauszmann, to plan the company's hall building in Budapest. Hauszmann, with Flóris Korb and Kálmán Giergl planned a four story eclectic palace, with a café on its ground floor. The building and the café opened on October 23, 1894. The statues and other ornaments on the front side of the building, as well as the ground floor café's 16 imposing devilish fauns, each one beside the café's sixteen windows, are the works of Károly Senyey.
The building was nationalized during the communist era. After the collapse of socialism, the palace was bought by Italian Boscolo Hotels in February 2001. The building was totally renovated, and reopened on May 5, 2006 as a 107 room luxury hotel, with the Café, also totally renovated, on its ground floor.

Saturday, 8 June 2013

Ons huis in Budapest

'n Reisiger wat bekostigbare hostelverblyf op die Internet soek, word soms ontnugter wanneer jy in 'n wildvreemde stad aankom en inboek by die kamer of bed wat jy 3 maande vroeer bespeek het.
     Daar was al sulke teleurstellings op my reise, maar toe ek en Kia vir die eerste maal by Wombat's in Kiraly utca instap, het 'n verrassing op ons gewag.
      Die hostel is nog nie eers 'n jaar oop nie. Dit is 'n 4-ster hotel wat deur twee Oostenrykers in 'n hostel verander is. Ruim. lig, netjies en vrolik is maar 'n paar woorde wat dit kan beskryf. Ons het 'n totaal van 8 nagte (in drie sarsies) daar gebly.

                          Kia, tevrede en tuis op haar Wombat's-bed, nadat ons met 'n RyanAir-vlug
                                     van Venesie vir die tweede keer by die hostel ingeboek het.
Die multi-funksionele gemeenskaplike area
                                                                 Ingang met pienk vlae
                                           Daar is altyd jongmense by die voordeur (rokers).
                                   (Die hostel het 'n streng nie-rook beleid wat toegepas word)
                                                  Die Vespa Caffe is net oorkant die straat
                                                               Ontvangstoonbank
                                                       
                 Vir 1,000 forint (R40) kan 'n uitgebreide kontinentale ontbyt aangeskaf word
                         Ontbyt is 'n gesellige tyd van die dag, maar ook 'n tyd waar jy rustig by jou tafel kan sit,
                                       planne maak vir die dag en roetes op die Budapest-kaart uitwerk
                                                      Kia en die halfmaan-broodrolletjie!

                                                        Baie aande op hierdie stoel gesit ...
                                Komplimente van die bestuur: twee kaartjies vir 'n welkom-drankie

                                     Eerste en enigste bier op ons reis!  Laaste aand in Wombats

Wednesday, 5 June 2013

Bela Bartok se huis in die Buda heuwels

Fabian, by ons hostel, was so gaaf om vir ons 'n kaart te teken om by Bela Bartok se huismuseum uit te kom. Self was hy nog nooit daar nie, maar dit is nie te moeilik nie, vertel hy toe hy 'n kaart teken want die sentrale stadskaart was te "klein" vir hierdie uitstappie.  Hy't mooi verduidelik, maar nie vertel dat dit al die pad opdraend is nadat jy van die tram afklim nie.

                                                  Kom ma, dit is doer met die bult op ..

                                       Uitsig oor die Buda heuwels as beloning vir die klim.

                                                    Twee beelde in die Bartok-tuin  Die komponis het tot 1940 daar gewoon.
                                                    In die 80's het die woning, in 1924 gebou, 'n museum geword.
.

Voorportaal en laaste komposisie


Uittreksel geneem van die amptelike webtuiste van die museum:
The renowned house on Csalán Road, which guards and promulgates the memory of the greatest genius of Hungarian music, was built in the skirts of the forests-hills of Buda in 1924. 

In those years, the neighbourhood, with exuberantly splendid gardens and only a few houses, was more a part of what we would call it today - a "landscape protection district", than the noisy Capital.

 The composer, who could not stand the clamour of the metropolis, the din of machines and engines and the inquisitive and prying nature of people, found an ideal home in the district rich in fragrant fresh air and tranquillity only broken by the twittering of birds. 

From 1932, the house and garden previously bearing the number 27, and later number 29 as historical fate will it so was Béla Bartók's last residence in Hungary. Now it is a museum, more precisely, it is a memorial site that attentively guards Bartók's personal belongings and regularly evokes his spirit through his music.

Foto:   Bartok se studeerkamer


Bela Bartok Memorial House Museum in Budapest