Daar was al sulke teleurstellings op my reise, maar toe ek en Kia vir die eerste maal by Wombat's in Kiraly utca instap, het 'n verrassing op ons gewag.
Die hostel is nog nie eers 'n jaar oop nie. Dit is 'n 4-ster hotel wat deur twee Oostenrykers in 'n hostel verander is. Ruim. lig, netjies en vrolik is maar 'n paar woorde wat dit kan beskryf. Ons het 'n totaal van 8 nagte (in drie sarsies) daar gebly.
Kia, tevrede en tuis op haar Wombat's-bed, nadat ons met 'n RyanAir-vlug
van Venesie vir die tweede keer by die hostel ingeboek het.
Die multi-funksionele gemeenskaplike area
Ingang met pienk vlaeDaar is altyd jongmense by die voordeur (rokers).
(Die hostel het 'n streng nie-rook beleid wat toegepas word)
Die Vespa Caffe is net oorkant die straat
Ontvangstoonbank
Vir 1,000 forint (R40) kan 'n uitgebreide kontinentale ontbyt aangeskaf word
Ontbyt is 'n gesellige tyd van die dag, maar ook 'n tyd waar jy rustig by jou tafel kan sit,
planne maak vir die dag en roetes op die Budapest-kaart uitwerk
Kia en die halfmaan-broodrolletjie!
Baie aande op hierdie stoel gesit ...
Komplimente van die bestuur: twee kaartjies vir 'n welkom-drankie
Eerste en enigste bier op ons reis! Laaste aand in Wombats
No comments:
Post a Comment