: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 7 June 2013

Begin van ons a-MA-zing race

Met die beplanning van ons reis het ek en Kia 'n idee gehad dat ons vir 4 dae in die Hongaarse platteland wou reis. Maar toe "pop" iets meer gewaagd op.
      Ons sou ons koffers in Budapest stoor en dan net met ons klein rugsakkies die trein suide toe neem. Suide beteken Kroasie want ons was so gelukkig om 'n 'veelvoudige toegang' Schengen visum deur die Hongaarse owerheid te verkry.
      Dit is 'n lang treinrit na Zagreb want daar is baie stoppe in Hongarye, o a 7 stasies langs die mooi Balaton-meer. Daar is 'n Ameriakaanse geoloog saam met ons in die kompartment en ons gesels lekker oor die Romeinse tydperk en wat daarvan oorgely het in en om Budapest.
      Die grenspos is by 'n stasie wat se naam soos GELYKENIS klink. Die trein staan doer op die spore terwyl die Hongaarse doanebeamptes hulle werk doen - met hipermoderne rekenaars wat soos outydse kondukteurstassie aan hulle lywe hang.  Dan kom die Kroate en skryf jou paspoortinligting langsaam in 'n groot boekhouboek op.
                                                    Grenspos tussen Hongarye en Kroasie
                                                          (foto deur treinvenster geneem)

    Ons arriveer teen sononder in Zagreb - sonder verblyfbespreking, maar met 'n paar name van hoselle op die lys.  Die toerismekantoor is gesluit maar ons kry aanwysings na die stadsplein. Oral is daar musiek en geselligheid... die mense geniet die lente.
    By Hostel Fulir kry ons blyplek in 'n 4-slaapsaal. Gelukkig is daar geen ander gaste in sig nie, net 'n ouerige dame wat die alleraakligste dis in die gastekombuis voorberei. Die swaar reuk dwing ons strate toe met 'n kaart deur ons gasheer verskaf. Dit is byna 21:30 en daar heers 'n gemoedelike atmosfeer in die baie stapstrate en terrasrestourante.  Toe ons uiteindelik by Bulldog sitkry en 'n vriendelike kelner ons laat tuis voel, sien ek dat die blomwinkel nog oop is ...


        Dan is dit slaaptyd, want hierdie reis se reels is: Alles te voet in die stede. Mens kan in elk geval niks anders in die kamer doen nie, want dit is nou nie vyfster nie. Dit lyk of die skoonmaakster al jare gelede bedank het. Die deur se sleuter is ook dieselfde een wat die voordeur oopsluit en Kia vertrou nie die vrede nie. Skuif met die klein lyfie 'n groot staalkas (locker) om die deur te beveilig.    
        Vroeg uit die vere en voor 8 boek ons uit en gaan soek koffie en warm sjokolade.  Zagreb is 'n "intieme" stad en ons probeer om soveel moontlik te sien voordat ons trein na Ljubljana om 13:00 vertrek.
        Kroasie is baie bekend vir naiewe kuns en mens kom dit oral tee ... ook op mure en deure!

                                
Die oranje drasak huisves ons padkos
Kuna

Jammer dat daar nie tyd was om hierdie uitstalling te besigtig nie

Vriendlike meisie in tradisionele drag verskaf inligting aan toeriste
 ... en poseer teen 'n fooi vir fotos
Unieke museum waar stukkende verhoudinge die tema is

My rugsak by 'n "uitspanning" voor 'n klooster in die ou stad

Kersies smaak lekkerder by die klooster se rose

Op pad stasie toe, pootjie 'n ongelyke stuk granietplaveisel my.
Die lyding word versag deur die roomys wat Kia te voorskyn bring.

No comments:

Post a Comment