: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Thursday 6 June 2013

Moedersdag in Budapest

Beata Gal, ons kontak in Budapest, neem ons op 'n wandeltoer van die binnestad.   Dit is Sondag en mis in die Szent Istvan Bazilika waar sy die vorige jaar getroud is.

 
Trappe na die ingang van die bazilika.

  Gou was dit middagete en ons vra vir Beata om 'n spesiale restourant te kies.  So beland ons by Cyrano
                                                        en bestel die maaltyd van die dag ...


                                     Voorgereg: gevulde pannekoek met paprika-roomsous
                                                                       
Hoofgereg:  Polenta met vark en kruiesous
Nagereg:  Strudel met roomys en neute
en hier is dit weer!
Gesiggies op 'n plein naby Cyrano
Lente is oral!

Oral is daar beelde van skrywers, digters, kunstenaars
nasionale helde ... en politici.
Die goudmuseum in Andrassystraat behoort aan 'n privaateienaar.
Operahuis in Andrassystraat

Na nog baie rondwandel, o a in Vacistraat en Andrassystraat, wil ek na die mooiste boekwinkel in die stad gaan kyk.  Die Alexandra word in 'n voormalige Franse afdelingswinkel gehuisves. Al 'n eeu oud en in die Sosialistiese tyd steeds aktief, maar net lede van die "party" en enkele toeriste kon daar koop. Na die Koue Oorlog is dit gerestoureer en die boekwinkel op die grondvloer ingerig.
Die koffie-restourant BOOK CAFE op die eerste vloer

My melange en Kia se warm sjokolade op die agtergrond
Ek kry Gundel se tradisionele Hongaarse resepte as geskenk van Beata

Die lang sonnige dag het nog verrassings ingehou. Ons kon die Gouba-mark besoek waar kreatiewe mense hul ware uitstal.
Hekel is GROOT in sentraal-Europa





Mooi rooi vintage-rok
Kia het hierdie heupfles uit die Soviet-ere gekoop

Laatmiddag het ons op 'n "design workshop" afgekom waar 'n filmspan gereed gemaak het om 'n kortfilm te skiet. 


















No comments:

Post a Comment