Al het ek met weinig water in die Karoo grootgeword, was daar nie twyfel dat ek 'n bad-ervaring in Budapest sou misloop nie.
Die Szecheny is die grootste spa-kompleks in Europa. Dit is paleisagtig, gebou vanaf 1909 - 1913 in die neo-Barokstyl.
Kia in die portaal
In 1879 het 'n Hongaarse geoloog die warmbron ontdek terwyl hy 'n put laat sink het.
Ons is een middag laat met die geel metrolyn wat onder Andrassystraat loop, na die baddens toe. Sou ek dit weer doen, sal dit vroeer in die dag wees... op 'n stil warm dag as dit kan.
Die helende water van een van die binnebaddens was 'n luukse
Kaalvoet en koud! Dit is 'n lang pad na die kleedkamer.
Ek groet my nat baaibroek, spesiaal vir die geleentheid
by Hospice in PE gekoop
Dit was maanlig met ons wegstap
No comments:
Post a Comment