: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Tuesday 4 November 2014

Besoek aan Noord-Israel

Gery tot by Metulla en daar op 'n markie afgekom... pragtige dorpie teenaan grense van Lebanon en Sirie.
     Vandaar na Bet Hallel  - 'n moshav - en daar by Brenda se Zimmers oornag... kamer vir 4 en jacuzzi.  Op moshav rondgestap en vir die eerste keer in die land bomskuilings gesien - bogronds.  Voel asook ons op ander planeet was... en met die sitrusboorde as skuilplek, 'n klein weermagbasis!
      Ook by Emile en Jana se vriende Einam en Taluska en hulle drie kinders aangedoen... en 'n toer van kibbuts Kfar Blum gekry.
      Tal is 'n kunstenares en haar papier mache werke is vol humor...




   

Netta (bo) en sussies (onder)

Kia wys ons geskenk van die meisies!