: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Thursday 10 October 2013

Die lewe in 'n Hongaarse hostelkamer



Aan die begin van September besluit ek om gebruik te maak van my geldige Schengen-visum en terug te gaan Budapest toe.
    Ek bespreek 11 nagte in Wombats, die hostel wat ek en Kia in die lente vanjaar as "die paleis" beskryf het. Die ontvangs is hartlik want ek ken heelwat van die ontvangspersoneel en 'n "bottom bed" in 'n 4-bed vroulike slaapkamer word aan my toegeken.
    My missie is om die stad se argitektuur en straatlewe baie, baie stadig te verken .. soos 'n flaneur van ouds.
Intrek en uitpak... vliegtuigkos en toepaslike boek in kamer 322

Wanneer jy 'n kamer met jong reisigers deel, word dit 'n integrale deel van jou daaglikse bestaan - asook jou nagrus. Hierdie tyd in Wombats was ook 'n reis... een in 'n ander akkoord.

Met my intrek was daar bagasie wat oral rondgestaan het en my kamermaats nerens te bespeur nie. Ook nie toe ek na 'n verkwikkende stort gaan slaap het nie. om 02.00 die volgende oggend het daar drie raseringe meisies my met Spaans/Engels wakker gemaak....

Dit het egter twee dae geneem voordat ek hulle gesigte gesien het en hulle formeel ontmoet het.Alba en Claudia was Spaanse studente wat met die Erasmus Mundus beurs van Madrid af in Budapest is vir verdere studie. Kirsty, die Amerikaner, is kundig oor die midde-Oosterse politiek en werk op 'n kibbutz inaby Eilat in Israel. So raak ons toe bevriend, maar ons bio-ritmes is pole van mekaar af. Hulle slaap laat en wanneer ek klaar ontbyt ge-et het, le hulle nog boude in die lug op hulle beddens. Laatmiddag wanneer ons almal na 'n hewige ervaring-sessie rus, is dit geselstyd. Dan hoor ek alles van nuwe vriende tot verskillende kampusse. Gou word ek Alba se stilis, want sy trek met elke uitgaan ander klere aan. Claudia is die meer praktiese een... sy soek 'n apartement sodat hulle kan vestig en begin studeer. Kirsty stel belang in boeke en skrywers en ons ruil inligting uit. 


Claudia afgeneem uit my slaaphoekie


Wanner Kirsty vertrek kry ons 'n Vietnamese kamermaat vir 'n paar nagure. Die Spanjare kan nie glo die kind reis sonder 'n koffer nie. "She came only with a handbag and hat," het Alba herhaardelik gese.  Toe trek daar twee Oostenrykse meisies vir 'n nag in. Daarna kom 2 Finne vroegoggend inboek nadat hulle vlug om 01:00 geland het. So kom en gaan die meisies en sien ek die nuutste modes wanneer hulle vir die klub-toeganery opdress. Klubs is groot in Budapest waar ou geboue gebruik word om die "pubs" op te stel. Dit staan bekend as ruin pubs.
Alba se laaste Wombats-ontbyt
Dan is dit 'n byna-trane afskeid wanneer Alba en Claudia na hulle apartement verhuis. Ons voel soos familie. Toe kry ek vir Angela van Taiwan wat in London grafiese ontwerp studeer. Sy is die kleinste mense en maak skaars 'n knoppie in haar bed. Niks was uit plek nie en haar pienk koffertjie altyd netjies langs haar bed. Een keer het sy hierdie hempie op haar bed laat le ...

Sophie van Australie het een oggend met 'n groot verkoue ingestap... groot, luid en baie vriendelik.Ons het dadelik gekliek... maar daardie eerste nag toe le sy soos 'n gstrande walvis op haar bed en snork soos 'n stoomtrein.  Die volgende aand was ek reg met 'n slaappil.

Die Spanjaarde wou my weer sien en het my genooi om na hulle apartement te kom kyk en saam met hulle te eet. Teen daardie tyd het my linkerknie erg begin seer word en my pynpille min, maar ek het na hulle adres aan die ander punt van Kiraly utca gegaan. Te voet en met die moltrein tot by Oktogon. Claudia en Alba was besig om tortilla te maak... 'n gereg wat ek in 1979 by Emmie in Bilbao leer maak het.
Claudia neem 'n foto van die tortilla om vir ma te stuur.


Om middernag was ek terug in die hostel ... al die pad te voet. Die volgende oggend is ek naar van die pyn maar ons nuwe Amerikaanse kamermaats het pille. 

Afskeid van Wombats was nogal emosioneel. Ek kry 'n wasgoedsak as momento. Vroeer het ek 'n nag se gratis verblyf asook 6 ontbyte gekry. Om presies 10:00 boek ek uit,sit my koffer in die bagasiekamer en vat die pad vir oulaas stad toe met my rugsak...

No comments:

Post a Comment