: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 20 August 2012

Kombuis met AGA-stoof in Tarkastad

Vertroostend om op 'n koue wintersaand die behaaglike warmte van 'n AGA te ervaar. Saam met goeie geselskap en 'n lekker aandete-in-wording is dit 'n wenresep.
   So gebeur dit toe verlede week in die Drostdy in Meurantstraat op Tarkastad saam met Jo en Georgie Els.
Terwyl die gasvrou 'n bobotie, koring en soetpatats voorberei en Jo die slaai maak, lees ek Mariska Spoormaker se artikel van November 2011 voor. Volgens haar is Tarka 'n spookdorp met mense.
   Sit ek toe so lekker saam met 2 van die spoke en ek lees ook die manlike spook se gedigte voor en dit is asof Coco (Chanel!) die Labrador - lekker op haar kombers langs die stoof - dit ook verstaan.
                                                  Die hart van die huis in die winter
 
       Hier was ek so tuis soos 'n vis in die diepte van die oseaan. Blikke, porselein, emalje en al die dinge wat  in my Baaise kombuis woon...
                                                    ... en wat ek uit my Karoo-kinderdae onthou.

Koedoewors op mooi porselein - Georgie se welkomhappie vir my

Die landdros se woning op Tarkastad
                                      ... langs die Anglikaanse kerk en oorkant die Polisiestasie!

No comments:

Post a Comment