: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Thursday 13 September 2012

Twee wiele uit Korea

Drie maande voor my volgende verjaardag kry ek vroeg gisteroggend 'n verrassing soos min.
     Eon nooi my om saam met hom see toe te gaan en daar stap ek in die gang vas in 'n pragtige opvoubare fiets met blou modderskerms. Gou-gou vou hy die Korean op en ons maak van die Getz 'n karavaan en laai die nuwe aanwins in.
Twee rygoed uit Korea ontmoet ...

Wat 'n weelde om langs die see te kan ry...

     Eon ry via Brickmakerskloof Somerstrand toe en ek ontmoet hom by die klub van die lewensredders (?). Dit is 'n perfekte oggend by die Pier in PE ... en die wandel- en fietspaaie langs die see word my oefenbaan.
Mensig, maar dit is lekker. Van opgewondenheid voel my hele lyf  soos 'n "Jellybaby".

So lyk my nuwe Korean.

     Terug by die huis, kon ek my nuwe nuwe wiele self uithaal en aanmekaarknip. Daar is 'n paar geheimenisse wat ek nog moet leer van die outjie...

    Ek het laas ernstig fiets gery in 2005 in Nederland tussen die dorpies suid van Amsterdam langs die Ryn. Toe was Arie aan my sy want het jy al 'n damesfiets gery met 'n "backpedal" vir remme?
                                                 Ontmoeting met 'n Hollandse fiets
                                                         Langs die Ryn naby Muiden

                                            Emile ontmoet my aan die einde van die trippie.
                                      Ek en Arie se slaapkamer is die venster  in die solder



No comments:

Post a Comment