: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 27 July 2012

Biltong in Brittanje

Dit is 'n egte Europese winterdag: jas en serpweer.
    Ek dra van vroegoggend al my grys "All Weather" jas (aan die begin van die eeu in Pickering, Noord Yorkshire gekoop) en wolserp uit 'n welwillendheidswinkel naby Winchester-katedraal - gekoop in 2007. En dus herinner dit my dadelik aan die Saterdae in Petersfield, Hampshire toe ek 'n versorger vir twee bejaardes in die klein "village" Rogate was.
    Saterdae het ek die middag vry gehad van 14:00 tot 17:00 en my na ete (en natuurlik die opwas!) van Parsonage Farmhouse bult-af gehaas na die bushalte langs die kerk in Rogate. Dan is dit 5 myl dorp toe tot op die markplein waar 'n jong Suid-Afrikaner 'n biltong- en SA produkte-stalletjie gehad het.
    Die verlange/hunkering na die kos van jou land wanneer jy in die buiteland is, bly vir my 'n "vreemde" verskynsel. Vernaamlik wanneer jy in 'n land is met bekende kossoorte. Maar steeds is dit 'n fyn draad wat jou aan die troos van kos, en in hierdie geval, ook taal, bind. Want by die stalletjie van Jan sou ook ander Afrikaanssprekendes 'n draai gooi.

Saaam met twee Suid-Afrikaners by die biltongstal in Petersfield.
 Hier dra ek my swart jas wat ek by een van die vele welwillendheidswinkels 
in Kingston-on-Thames gekoop het.

     Biltong is nou so vryelik in Brittanje te koop, maar in die vroee dae van my reisie was dit 'n vakuumverpakte wegstekitem in my bagasie omdat dit so'n gewilde geskenk was vir familie en vriende in die buiteland.
     
 vervolg ...

No comments:

Post a Comment