: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Sunday 8 July 2012

Fees op Grahamstad

Was lanklaas vir langer as 'n dag by die Kunstefees.
     Donderdagoggend is ek met 'n oornagtas en baie warm klere by die huis weg. Vriendin Christine opgelaai en 'n aangename tyd deurgebring. Drie teaterstukke Donderdag en kuns en mense Vrydag belewe..
     Dit was aangenaam om Donve Branch se uitstalling te besigtig. Ek het ongeveer 35 jaar gelede by haar klas geneem en deesdae is sy 'n nasionale naam.

   PE pottebakker, Donve Branch, se nuutste werk

        Daar was 'n paar Nederlandse produksies op die teater-skedule. Wacht!, 'n eenvrouvertoning met weinig woorde was verrassend, snaaks en vars. Met 'n bietjie naaktheid!


     Wacht! en sien wat alles in 'n kunsmuseum kan gebeur ...       
       Een van die interessanthede van die Kunstefees is al die lokale wat gebruik word vir uitstallings en happenings.  So stap ons toe by High Corner-gastehuis in om 'n klein uitstalling van geskilderde porseleinkoppies te sien en besef gou dit was die huis wat aan prof. Guy Butler, die baasbrein agter die oorspronklike fees-idee behoort het.


                                                Die sithoek in die ontbytkamer van High Corner


    Herwinning en die groen idee was ook verteenwoordig. Hierdie "bome" in hulle "potte" verfraai twee winkels in 'n steeg uit High Street.


                                           Voor Di Westcott se tweedehande klerewinkel
    
       Slaapplek en lekker bobotie was te kry by Charl en Lene Malan. 30 jaar gelede was
ons bure in die studentebuurt van die Birdstraat-kampus van UPE.  Nou is hulle drie kinders al die wye wereld in. En ek het my hart verloor op hulle gemmerkat met bo-dierlike kommunikasievaardighede  ...



      Bassie, die gemmerkat, het die beste plek voor die kaggelvuur gekry 


                 
     Wat is die kunstenaar se boodskap? 
                                             
     Twee teater entrepreneurs in High Street 
                                          



No comments:

Post a Comment