: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Saturday 30 April 2016

Ontmoeting met Jones familie

Hostelle bly vir my interessante (en bekostigbare) blyplekke. So soek ek op die internet na hostelle in Sliema, Malta, en vind Hostel Jones se webblad.
    Dadelik trek dit die aandag.  Bietjie alternatief, deur verskeidenheid kunstenaars gedekoreer, gebruik gemaak van herwonne materiaal en die belangrikste... kombuis en yskas vir gaste.

Die hostel is in 'n tipiese Maltese huis

    Ek beland in 'n slaapsaal vir 3 persone en vra asseblief vir die losstaande enkelbed want ek is 'n senior! Die kamer is op die boonste vloer. En die naam Mushroom!


So gaan slaap ek vir drie nagte by die "fresco" sampioene.
Aangename ervaring, al was die lakens oud en die stortkop gebreek...

Waaghalsig ... maar gelukkig is dit net die sampioene wat uitnooi.
Maria van Portugal is deurentyd 'n slaapmaat. Sy is ongeveer 50 en soek werk in Malta.
Die ander bed word elke nag deur 'n ander manlike gas beset.. eers 'n Algeryn en toe 'n Israeli. My laaste nag se kamermaat het middernag aangekom en sy kop was nog toegetrek toe ek uittrek!

Vrolike verwelkoming... almal wat hier bespreek, se vanne is Jones!

Ieder en elke Jones mag 'n stuiwer in die armbeurs gooi.

Bo en onder:  Hostel Jones se tuin

 Deur van pallethout  gemaak
Krapbord in die kombuis waar 'n tafel met ses stoele enige tyd van die dag met kosmakers en geselsers van verskeie plekke op die aardbodem beset word.  


Pizzamakery saam met Italianer en Spanjaard!

No comments:

Post a Comment