Emile en Jana se troue in die ou stad was die hoogtepunt van my Israel-besoek verlede maand.
Soveel vreugde, 'n mengelmoes indrukke en ontmoetings met mense vanoor die ouderdoms- en nasionaliteitsgrense ...
In die Midde-Oosterse hitte was 14 September 'n oase van koelheid en rustigheid in die tuin van Christ Church; die oudste Protestantse kerk (Anglikaans), in die Midde-Ooste.
Moderne loodglasvenster in die kerk.
Hier word weekliks dienste gehou vir die Joodse
Christengemeente, Jews for Christ.
|
Dis steeds soos 'n droom.... die seremonie in Afrikaans, Engels en 'n titsel Hebreeus; die begeleide toer deur die valei van Gehenna (sp?) na die Jerusalem Persklub in die oudste Joodse buurt buite die ou stad en die keurige onthaal. ('n Glibberige afdraend daarby ingesluit!) Al die vreugde, glimlaggende mense...
Inge by die spyskaart-bord wat vriendin Lily gemaak het
Stellenbosch-vriende: Bruwer en Retha uit Suid-Afrika
Sonja, die Stileerder en Handlanger Hennie
My niggie, Gerda Vrey
Eon, bruidegom se broer
Uitsit op Ou Stad vanaf Yemen Moshe
Iets van die atmosfeer en dankbaarheid in hierdie video, vervaardig deur Estelle Juvet...
www.youtube.com/watch?v=-
No comments:
Post a Comment