: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Thursday 23 October 2014

Vinnige draai in die woestyn

'n Vinnige besluit om 'n nag in die Arava woestyn deur te bring, neem ons uit Tel Aviv suid.
      Eerste stop is Beer Sheva in die Negev waar ons onsuksesvol na die "groot Russiese supermark"soek waarvan Marzanne le Roux v d Boon in een van haar Israel romans praat.   By die BIG kry ons egter prima proviand, onder andere 'n gebraaide hoender, wat ons buite in 'n koeltekol geniet.
      Dit is moeilik om te glo dat hierdie ongenaakbare woestynagebied die "kosmandjie" van Israel genoem word. Oral is daar tonnels en groot gebiede onder skadudoek want die wind en son is die boer se vyand.   Daar word baie van gasarbeid uit onder andere die Fillipyne gebruik gemaak.  Die produksie het net te groot geword vir die inwoners van die kibbutze en moshavs.
      Op pad stop ons by 'n klein nedersetting om pad te vra... 'n vriendelike Jodin wat al twee jaar die stad vaarwel geroep het om haar bedryf - die maak van jogaklere - hier voort te sit gesels met ons. Sy bemark op die internet en stuur dan pospakkies die wereld in!  Geen statige huis is haar woning nie, net 'n nederige hut en werkskamer...

                                         Naaldekoker op muur van een van die hutte
                                                    Groen deur... twee bose oge wat loer...
                                                              ... en 'n rare woestynvrug!

     Ons het toe nie soos beplan by die Desert Eco Village oornag nie, maar teruggedraai Dooie See toe en by Ein Gedi Hostel 'n goeie verposing gehad.  Kia het vroegaand  op die water gedryf en na die sterrehemel gekyk.
     Ons het in die donker teruggestap na die hostel met busse en lorries wat  langs ons verbyspoed Jerusalem toe op Hoofweg 90.... besondere ondervinding....


                    Volgende oggend - die son bak neer op die Dooie See wat stadigaan opdroog (sien artikels in die kuberruim)
   
Uitsig op Dooie See vanaf ons kamer by Ein Gedi

Laetitia geniet haar ontbyt ...
....  en ek geniet myne!

No comments:

Post a Comment