Daar kies ek toe 'n matige dag, maar hoe verder ons noord vaar, hoe onstuimig raak die weer.
van die heerlikste en vreemdste kossoorte anderkant die ewenaar.
Markgebou en detail van steenwerk aan symure
(onder)
Ek kon my verkyk aan die produkte: vars, gerook, gebak, gekook en geblik ...
Die son het nooit geskyn soos op die voorblad van die stadsgids nie.
Egter nie afgesit daardeur nie, het ek op Tramroete 2 gery... tweemaal om die stad, net om droog en warm te word. Daarna op 'n boot verby die eilande gevaar terwyl ek 'n visbuffet geniet by tafel met wit damaskdoek en lapservette.
Daarna weer 'n draai by die oop mark gemaak voor die terugvaart.
Hier was kos uit Lappland.
No comments:
Post a Comment