: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Saturday 16 July 2016

Ontmoeting met 'n Middeleeuse stad

Tallinn se ou stad dateer uit die middeleeue.en handelaars en restourant-eienaars gebruik die tema om toeriste te trek.  Oral staan daar jongmense in periodekostuums wat hulle onderskeie ondernemings verteenwoordig en mense innooi.
     Die eerstse dag van my besoek het ek bloot net rondgestap en alles om my ingeneem:
   
Sommige toeriste sweef oor die binnestad met die vaste ballon.
Maar ek het sommer met my voete gesweef.
Die historiese museum word in 'n voormalige
handelaar van die Hanseatiese Liga se huis gehuisves.


Die ongetroude handelaars het as die Blackheads bekend gestaan.
So lyk die voordeur van hulle gildehuis.
Daar is oral verrassings in die ou binnehoffies.
Detail op voordeur
Gerestoureerde middeleeuse torings: Lange Pik (bo)
en Fat Margaret (onder)

Stadspoort naby my verblyf. Ongeveer 10nm.

Stadsplein
'n Latere tydperk... elegant gerestoureerde gebou in die Barokstyl

No comments:

Post a Comment