: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 22 July 2016

Op stap na Gertrudes iela in Riga

My doopnaam Gertruida is 'n algemene Germaanse voornaam en kom in vele gedaantes voor in die Germaanse lande.... so het ek al my naamstraat in Malmo, Swede en Warsaw, Pole gevind.
      Op 'n stappie skuins verby die Art Nouveau distrik, vind ek Gertrudes iela in Riga.


                         dis n reendag, maar die lig is so dat ek 'n foto van die St.Gertrudes kerk kan neem.


Dan ry ek tot op vloer 26 van die Radisson Hotel om van die uitkykpunt te sien of ek die kerk kan sien..... helaas nie, maar net die Russies Ortodokse katedraal toorn bo die plantegroei uit.


 Terug op terra firma, gaan ek op 'n aangename dwaling... en ontmoet
eerstens die lewensgrootte pop by die aandenkingwinkel.
                               
         
                                                     ... en dan die klipskilpad


en verby die kathuis!


en winkel wat "kat"goed verkoop...


                                           en ontmoet 'n gewigtige Venus voor die ontwerp-instituut...


      My besoektyd aan Riga loop uit...    hier is die epos wat ek op 21 Junie huistoe stuur...

   My Riga week het so gou tot n einde gekom...  ook te danke aan die aktiwiteite  by Cinnamon Sally.    Speletjies, n vasvra en  fliek asook algemene gesprekke in die woonkamer.  

       Ek het die ou stad met sy ongemaklike hobbelstene ( keistene in Afrikaans)  platgeloop en die  mooiste porselein en ontwerpe in die porselein museum en die museum vir toegepaste kuns gesien.

      Die Riga Ghetto se geskiedenis gesien en die museum vir Jode besoek.   Om n uitsig oor die stad te kry, kon ek tot op die 26ste vloer van die Latvia Radisson Hotel ry en daar van die restourant en kroeg uitkyk. 

      Op n baie winderige Saterdag h het ek n toerbus geneem en n breer idee van die stad gekry.. Die nuwe nasionale biblioteek langs die rivier het beindruk met sy totaal alternatiewe argitektuur...  n donker staalgrys gebou wat soos 'n omgekeerde skip lyk.

      Netso opgewonde was ek oor die Spikeri buurt waar daar 'n aantal ou store (warehouses) gerestoureer word. Dit het my baie aan ons Werk laat dink, net op n groter skaal waar die geboue ook baie ouer en stylvoller is.
     Twee aande saam met jong reisigers was  ook asngenaam.  Die twee meisies van Hong Kong (hulle dring aan dat hulle  nie van China af kom nie) was so oulik en hulle wou gaan bier drink.  Dus is ons na een van die bekendste Latviese kroee toe in die ou stad, Ala.   Hulle het dit so geniet: heuningbier en n glas hemp en gemmerbier. Ek het n nie alkoholiese drankie gehad, soos daardie Yster brew van jou as die gas daaruit is. 

     Daarna loop ons verby n sjokoladevervaardiger wat ook die swart balsam aanhou.  LAASGENOEMDE is n tradisionele drank wat met kruie gebrou word .. blykbaar al vir 300 jaar en in  kersmiekflesse verkoop word....  45 persent alkohol!  Die gebou is ouer as die kasteel in kaapstad en ons word genooi om na die kelder te gaan deur n geheime deur wat soos n boekrak lyk.   Dit was n grootse verrassing .  Die personeel dra periodeklere en die sjokolade is hand gemaak.   Ons het by n tsfeltjie gaan sit, die kelner het n kers opgest33k wsnt dit is skemer in die winkel en ons het elkeen een sjokolade op n bordjie gekry. Ek het die rekening betaal.    Dit was die duurste sjokolade wst ek in jy lewe geeet het, maar dink daaraan as toegangsgeld  vir n museum.

      Die Art Nouveu distrik was een van die hoogtepunte asook die museum daar.  Dit was moeilik om daar weg te kom. Dus stap ek toe met die pragtige trap op tot op die 5de vloer waar daar n huis museum van n bekende plaaslike kunstenaar van  die 20ste eeu gehuisves word.

      . Oral blom die stad behoorlik.  Nje net my die mark en blommeverkopers se stalletjies nie.... tot die een taximaatskappy met groen en wit motors het boekette in hulle motors se roosters (grills?). Die mense geniet die somer al reen dit elke tweede dag.   By die Russiese kerke stap die gemeente in   met blomme en die priesters spat dan die heilige water mildelik oor mens en blom.
       Een aand speel ek en Sumi, die Finse meisie, n speletjie van ouma en kleindogter.   DIT was skreeusnaaks en ons het dit reggekry om in daardie karakterrolle te bly totdat ons lank na middernag terug by die hostel was.      Sy het spesiaal vir haar sykouse gekoop sodst sy haar rokkie kon aantrek en ek is met my deco romp hier uit. Goed geklee aan die onderkant want dit was nogal koud.  Pers handskoene ook.
       Die restourant waarheen ons op pad was, was al lankal toe, dus vind ons The most romantic cafĂ©!   Vrek duur en al wat oor is om te eet vir die aand was een sny Napoleonkoek.  Ons het die harde kors koek met twee vurke getakel.  Daarna het ek die kind geleer ululeer....  en ons het die strate oorgeneem. Sonder n druppel alkohol.
        Dan was daar die gesprekke met die personeel en vrywilligers, Tom van Engeland en die vertaler meisie van Argentinie.   Fyn mense wat die wereld wil sien en ervaar.  Verbasend hoe goed die Latviers op cie personeel se Engels is. 

       Die eerste oggend wat ek  by die hostel uitgestap het en Merkela iela (straat) af in die rigting van die Ou Stad, het ek die gekrys van n seemeeu gehoor en daardie klanke het my teruggeneem na een Desemberaand  in Amsterdam.    Die toneelstuk deur n Russiese skrywer, Herfst in Riga, was op die  planke in Die Konsertgebouw, n groot teater vir n tweemanstuk, maar dit was omtrent uitbespreek.
    Dit was 39 jaar gelede, maar ek het Riga  en die gekrys van die meeu in my kop gebere....
       

No comments:

Post a Comment