Modern ingerig, blinkskoon, met vriendelike en hulpvaardige personeel en wafels vir ontbyt.
Daarby is die 6-meisie slaapkamers groter as die gemengde kamers, ruim en lugtig.
Ek was so gelukkig om die hostel te kies... bloot van die internet af... daar was so baie om uit te kies... wou the Naughty Squirrel neem, want die naam klink gewaagd. Gelukkig betydsuitgevind dis 'n deurnag partytjie hostel.
In my kommentaar beskryf en Sally as " the budget traveller's 5-star hotel"... en dis wat dit was.
Mac D is 'n landmerk in die Riga. Die stasie is die gebou links op die foto. onder: Lina, een van die ontvangsdames het vir ons almal koue beetsop (op die huis) gemaak.
Suvi van Finland het my genooi om die somer te vier.
Ons moes rokke aantrek vir die geleentheid en speel dat ek haar ouma is.
Dit was pret.
Tom, 'n Brit en vrywillige werker by die hostel, het my van Roberts vertel -
'n tweedehandse boekwinkel vol Engelse titels...
op die palletbank gelees en (onder) met mnr. Joubert saamgestem
No comments:
Post a Comment