: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Showing posts with label Vilnius. Show all posts
Showing posts with label Vilnius. Show all posts

Thursday, 14 July 2016

Ervaring saam met Litause fotograaf!

e-pos aan Kia en Jana
14 Junie 2016

Nie in my wildste drome sou ek ooit kon dink om deel te wees van n fotosessie nie ... al is dit nou net in die rol van toeskouer.
      Renate ( my gasvrou op Couchsurfing) het my genooi om 6nm in die lupiene te kom sit. Sy en haar man, Darius, is nou besig om kameras op te stel en die lig te toets.    Ek sit op n vel plastiek terwyl sy tussen die miere, bye en springkane rondhardloop.   Ons sit langs n besige hoofpad so 10 km van die binnestad in n veldjie waar eens n klein nedersetting was.

     Die klient, n swanger vrou, sal nou enige tyd opdaag om ook in die lupiene te sit.  Die langsteelplante se persblou ritse blomme is n vroegsomerplesier .
     Ek het van kleins af geweet van lupiene.  My pa het altyd n bedding geplant sodat hy die droee blare en  sade daarvan  in verarmde grond kon inwerk...  n soort van kompos en ek onthou dat dit die stikstofkwaliteit sou aanhelp.




    Die klein gesinnetjie het gearriveer...  vrolike egpaar met n 7 jarige dogter en Renate se aanslag is een van rustigheid en vreugde. Sy het hulle op groen en blou kussings sitgemaak en Darius is tog te handig met die wit skerm. 

    Na baie klieke en klein geselsies is dit tyd vir n volgende posisie.   Die verwagtende vader kry nou babaskoentjies om sy nek.  Hulle swart hond is in sy element hier in die veld. Hy hardloop kruis en dwars. Sy rooi tong hang vrolik uit.    Die volgende posisie is glasies klink. Met lemoensap. Dit neem n lang tyd voor Renate tevrede is.
  
   Die moederdier verander van kostuum. N lang swart romp en blou bloese.  Die babamaag word ontbloot en nou skryf die  vaderdier die kindjie se naam met n kokipen op die ronde uitstulping.

  Die einde is dit lank nie. Die twee ouers se mae ontmoet en renate spring van genot rond en Darius flits lig van haar regterkant af.  Die koki is nie droog nie en dit lyk asof die spermdonateur nou n boodskap op sy maag geskryf kry.  Die dogtertjie los die ma af in die uitvoering van die kalligrafies uitgedinkte taak.
   Die dogtertjie trek nou haar bloesie op en die skrywery gaan voort.  90 minute van  die sessie het verloop en die windjie begin koel roer.     Ek begin wonder wat hierdie pens-pakket die mense gaan kos  toe die ouers begin neuse vryf vir die fotograaf.
      Renate werk vir haar fooi. Die moeder fladder nou haar lang swart romp  telkemale deur die lupiene.  
     Die kruisbeensit het my  stokstyf en amper immobiel gemaak...  intussen het al die groen ballonne gebars en die mense  is uit hulle finale posisies.
       Ek is weer staande. Nie te moeilik nie....

op 'n ander noot ...   

  Die egpaar se kat, Majesteit, regeer in die woonstel wat gedurende die Sosialistiese regeertydperk gebou is.  Sy woon net binne, want het reeds een van haar lewens weggeval van die balkon af.     Nou mag Majesteit ook net binne piepie.... en dit in die mensetoilet. 

                    Ek het daarby ingeval, want as jy op Couchsurfing is, moet jy enigiets kan vat sonder om 

                    'n oog te knip of om jou nek te verrek.

                      Majesteit se spesiale katsitplek wat aan die basis vaskom  (kyk na die voortjie met katbokskorrels aan die binnekant)   moet afgehaal word voor menslike gebruik.
                    
                      Daardie kommunistiese kamertjie is piepklein en halfdonker, maar daar  was gelukig nooit 'n botsing van belange nie.

Monday, 11 July 2016

Joodse skakel: Litaue en Suid-Afrika

Die grootste gedeelte van die Joodse gemeenskap in SA het van Litaue gekom.
    Ons PE Jode wat vanaf die begin van die 20ste eeu hierheen gekom het, het in Richmond Hill gevestig en 'n eie sinagoge in 1912 in die Art Nouveau  styl opgerig.   Ons huis is deur 'n Jood gebou en Litause Jode het tot in die middel 40's hier gewoon.  Dus het ek altyd belang gestel in hulle Oos Europese herkoms.
    'n 2-ure toer vanaf die inligtingskantoor in Vilnius het my na die meeste van die Joodse plekke geneem.  Daar is weinig oor, maar net om deur die strate te stap en te sien hoe die inwoners daardie deel van die geskiedenis onthou, was al 'n besonderse ervaring.

Die toerleidster


Die inwoners se geskiedenis visueel  in vensternisse uitgebeeld

Nuwe Joodse sinagoge in Vilnius


Met ligte tred in Vilnius

Vilnius was my eerste ervaring van die Baltiese lande. Op skool van hierdie klein landjies geleer wat so gely het onder die regimes van die Duitsers en die magtige Rusland.
    In Junie kry ek die geleentheid om Litaue, Latvia en Estonia te besoek.
    My sentraal gelee hostel en die veiligheid van die stad, laat my met ligte tred beweeg, kyk en geniet...

Hoewel ek met droe vrugte, avokados, sharonvrugte uit SA is, word die mark my eerste stop..

Fietse vir openbare gebruik is 'n goeie opsie in die "plat binnestad" maar as ek nie 'n valhelm het nie, gebruik ek liewer my bene....


boomstompmense voor 'n winkel... en katplakkaat onder

keurige blomwinkel ...
... en vlakby 'n gekamoefleerde chemiese toilet by 'n terrasrestourant

                                              Voetgangerplesier op die rand van n park

                                                                 Tibetaanse hoekie
                                   Lina wat ek op Couchsurfing ontmoet het... sy het my van
                                   haar geliefkoosde plekkies in die ou stad gewys en ek was pure
                                   verbaas met Literatuurstraat  (onder) waar die Litauers
                                                   hulle skrywers gedenk met o a plakette





                                      Die Europese brandweerspele is oor drie dae op die plein voor
                                      die stadsaal gehou.  Insiggewend!
                 
                                  'n Vrou so na my hart en 'n bekende in Vilnius....Little Rose
                                   is 'n bedelares met styl. Ek sou haar so graag persoonlik wou ontmoet
                                   maar die Litause vrou in haar geselskap het my weggejaag....