Malta is een van die digbevolkste lande in die EU. Hoewel daar net minder as 'n halfmiljoen inwoners is, is daar groot getalle buitelanders wat daar werk asook toeriste ... en deesdae asielsoekers uit Afrika en die midde-Ooste.
Dit veroorsaak dat die padverkeer skrikwekkend druk is. Saam met die konstruksiewerke en verbetering aan padnetwerk, kan 5 kilometer soos 50 in SA voel. Veerboot-dienste is aan die orde van die dag en dit is vinniger oor die see van Sliema na Valetta met die boot as met die bus.
Vasmeer in Valetta na 10 minute vaart
Die "bootbus" vaar net as die wind nie storm nie. Wanneer dit mooiweer is, dan is die veerboot 'n ontspannende ervaring. (Ook plesiervaarte deur die twee hawens en om die eiland asook na Comino en Gozo)
Die "tradisionele" Maltese boot vir die hawetoer
Foto van Sliema waterfront in die rigting van St Julian geneem.
Let op die konstruksie-hyskrane
Hawetoer-roete .... en kyk na die kort veerbootroete van
Slilema na Valetta bo links
No comments:
Post a Comment