Die soeke na 'n geskikte gasvrou is nogal 'n storie, maar dit vertel ek nie vandag nie. My eerste gasvrou was Carolina, 'n mediaspesialis in Gzira, net omtrent 2 - 3 km weg van Hostel Jones, my eerste verblyfplek in Malta. Ek het my versoek aan haar gestuur en gevra of ek twee nagte op haar bank kon slaap.
Carolina is 30 en het 3 paspoorte: Italiaans, Argentyns en Australies en ons deel 'n onbeskaamde liefde vir boeke. Haar boeke trek oral saam... onlangs nog van Sydney waar sy by Random House as uitgewer van nie-fiksie gewerk het ( stapels Donna Hay kookboeke staan kraakvars in haar woonstel).
Carolina met The Rings of Saturn van J G Sebald wat ek
op haar boekrak raakgesien het.
Die bank waarop ek geslaap het en Carolina elke aand
met groot sorg opgemaak het.
Ontbyt by Carolina... ek het gesorg vir ons aandkos
'n Tikkie Brits in Gzira naby Carolina se woonstel
en die busstop Ponsonby
Koffie by The Ice Queen in Gzira
No comments:
Post a Comment