: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday 6 May 2016

Malta se WW2 geheim

Die Lascaris War Rooms het 'n beduidende rol gedurende die hitte van die oorlog gespeel. Die Geallieerde Magte het van hier af in die Middellandse see geopereer.
    Die restourasie aan die ondergrondse hoofkwartier en tonnels is nog nie voltooi nie, maar die besoeker kry 'n oorkoepelende prentjie van die gebeure en strategiee van daardie tyd wat onder Valetta aan die gang was.
Die afdaal begin in 'n doodgewone woonbuurt van Valetta...

 Verskeie stelle trappe neem besoekers na die eertydse hoofkwartier wat in 'n tydperk van 2 jaar deur
             200 mense met ongesofistikeerde gereedskap 40 meter ondergronds uitgegrawe is.

                                                   
  'n Offisier se kantoor soos dit in die begin van die veertigerjare gelyk het.
... ooghou op Sicilie... In 1943 is die hoofkwartier deur Generaal Eisenhower en sy opperkommandeurs vir Operasie Husky - die inname van die voet van Italie - gebruik
'n Idee van hoe klein Malta met Sicilie vergelyk ..

 'n Reeks grafika en verduidelikings wat WW2 duidelik maak vir die besoeker is opgeneem in 'n uitstalling


Die oorlogskamers is deur die Britte gedurende die Koue oorlog ook gebruik tot 1977, twee jaar voor die sluiting van die basis in 1979

No comments:

Post a Comment