: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 14 November 2016

Op ou paaie in Praag

In 2005 saam met Arie in die Tjeggiese hoofstad gewees.  Een van die gebeure wat my bybly van daardie besoek is die 60-jarige viering van die bevryding van die stad op 8 Mei.
  Oktober  vanjaar vinnig  vir Kia gaan wys hoe 'n klein deeltjie van die stad lyk wat vir haar pa soveel plesier verskaf het ...



St Giles kerk... in die flek Amadeus gebruik.  Ons het 'n orrelkonsert daar bygewoon.

Die Kadinsky paleis... tot my vreugde was daar 'n uitstallilng van die lewenswerk van die naiewe Franse kunstenaar Rousseau.  Absoluut die moeite werd. Kia was langsaan om o a vir Andy Warhol te ontmoet

Nuwe Joodse sinagoge
Monument ter ere van Franz Kafka
Voor die Mosaic Hostel
Frank Gehry se kantelende gebou, bekend as die Fred and Ginger bldg. 
(na Hollywoodstrerre Fred Astaire en Ginger Rodgers)

No comments:

Post a Comment