: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Thursday 3 March 2016

Saam met my Hugenote voorvaders in die 17de eeu

In Oktober 2015 besoek ek Bergerac en Monbazillac in die suid-weste van Frankryk. Hier was my voormense bedrywig as kleremakers en deeltydse wingerd-en-wyn werkers. En van hier het Pierre de Labuscaigne vir sy geloof gevlug.
    So gaan ek terug, sonder om kwaad te wees vir die Katolieke Kerk of vir enige persoon of instansie wat verantwoordelik was vir onreg.   Met Casper Labuschagne se boek oor my voorouers gepubliseer deur die Hugenote-vereniging, was dit nie nodig om in n argief of register te krap nie.
    Ek was daar om die atmosfeer in te drink!  Om die stadige vloei van die Dordogne te ervaar en die gloed van die herfsgety te beleef.
                                                             Bergerac aan die Dordogne
                                                                Brug oor die Dordogne
                                                   Tipiese Bergerac huis in die middedorp
                                                                       
Protestantse tempel... ongeveer twee eeue oud. Die
oorspronklike een is in die 17de eeu vernietig en die mark staan nou op sy plek.
Vriend Hendrik by standbeeld van Cyrano de Bergerac
Skets van die dorp in die besige handelstyd
In die wingerde aan die voet van die Monbazillac kasteel
Uitsig oor die wingerde en kalkgrond vanaf die kasteel
Edelvrot druiwe waarvan die bekende Monbazillac desertwyne gemaak word.
My jolige voorvaders in die17de eeu

No comments:

Post a Comment